Ek Onthou Hartenbos

“Ek wil ook op die donkie ry!”

Jaloers , tog verwonderd  hou ek Maria dop terwyl sy al wiegende op die eseltjie langs Josef  stal toe ry.    Kort voor lank  is die pandokkie   gepak met haasbek herders, engeltjies met  kersboomversierings op die kop en wysemanne in grootmense se  slaapjaponne.

As daar nou ooit vir ‘n 5- jarige glitz and glamour was, dan is dit DIT!

Nadat Jesus sy geskenke kry , staan almal plegtig op en  die klanke  van “Stille Nag” sweef die somersaand binne.  Die tannies se stemme kry die  hoë  note bewerig raakgevat, terwyl die oom’s onderlangs paddabrom, “juig die redder is da—–aaaar, juig die redder is daaaaaar.”  Die gewyde,  magiese oomblik is egter van korte duur,  want skaars is Dominee se “Amen” geuiter of  kinders spat die trappe af, reguit na Kersvader en sy Stranddiensspan toe!

Dis dan wanneer ek en my sussie  mooi soet saam met Pa en Ma  tussen die  horde ander vakansiegangers moes terugstap na ons geel Volkswagen  Passat om Groot Brakrivier toe te ry.   Die REGTE Vader Krismis is in elk geval by ons huis.   😉

Die betowerendste oomblik van  daardie Oukersaand is as  Pa die voordeur oopstoot  en die kersboom se bont liggies  mens  uitbundig na die donker TV kamer  nooi.  Vader Krismis het dit seker aangesit.  En …  daar lê ons geskenke …    Yôôôôôôôôô!

kersboom 1

Hierdie sal altyd my gunsteling Hartenbos herhinnering wees.  Dit was die dae “cocconut suntan lotion“, put-put speel by die Pretpark en bont sonsambrele wat soos ‘n koepel oor die strand gepan is.

Ongelukkig  is  daardie era lankal vergete en het die  Kersspel, inryfliek, orange telefoonhokkies en  go-carts plek gemaak vir die 21st eeu.

Waar die vaal  bulte  langs die N2 voorheen net koppe  was, is dit vandag Hartebos Heuwels.  En om te dink dat hierdie kusdorp  eers ‘n plaas was!

into foto

‘n Dankie-Sê Lap Grond

Die man wat gelukkig genoeg was om die stuk grond waarop Hartenbos vandag  is, as ‘n dankie-sê geskenk te ontvang was   Esaias Engelbert Meyer.  Volgens  Googlebronne is hy ‘n afstammeling van die Franse Hugenote en is hy op  30 November 1699 gebore.  Dis 315 jaar terug!

Esasias se boerpot gelukkie het gekom ‘n  dag in 1733/34 toe die “Huijs te Marquette” skip haar roer verloor  of mas gebreek het.  (bronne verskil hieroor) . In plaas daarvan dat die man vir hom ‘n twakkie rol en die gestrandes op ‘n afstand dophou,  het hy sy perd opgesaal en vir sewe dae Kaap toe gery om  hulp.  Met sy terugkoms het die dankbare skeepskaptein hom met ‘n keramiekbak beloon.   Die V.O.C  (Verenigde Oos-Indiese Kompanjie)  het op hul beurt hom bedank met  ‘n lap grond.  Dit,  het hy Hartenbosch genoem.

Die naam het niks te doen gehad met ‘n ‘n boer se liefde vir bossies  nie, maar met  ‘n   groot trop bosbokke wat na hartelus op die beboste rivierbanke gewei het.   ‘n Bok of hert was  in daardie jare glo  ‘n hart genoem.  😉

Van die Meyers se lief en leed op die plaas weet ons min.   Ons weet wel dat daar   gesaaides, ‘n melkstal,   leerlooiery, skoenfabriek,  steenmakery, meubelmakery,  en ‘n  kalkblusoond  was teen die tyd dat  Nic Meyer dit aan die  ATKV verkoop het op 16 November 1936.    Die kooptransaksie  is dadelik gevier met ‘n ATKV vlaghysing op die plaas en opgevolg met ‘n dinee  in Mosselbaai se Park Hotel dieselfde aand.

KAART 2 plakker

En so, 78 Jaar nadat Hartenbosch gekoop is deur die ATKV as ‘n vakansieoord,  is Hartenbos vandag inderdaad ‘n plek waar Afrikaners plesierig kan wees.

‘n Miernes

Gedurende seisoentyd wemel die plekkie.   Van vroegoggend af  lê  strandlopers se vars voetspore  in die nat sand.  Teen nege  uur se kant word daar al sandkastele gebou.   Alles  op die dorp gebeur in lang rye .  Hartenbossers deel hul winkels en paaie met honderde ander landsgenote wie hul dae op die strand deurbring, tydsaam tussen vlooimarkstalletjies drentel en saans tot laat langs die braaivleisvure kuier.

Sodra die skooljaar begin is  almal eensklaps weg.  Dan  roep Hartenbos halt, trek sy partytjieskoene uit en verander weer  in ‘n kusdorpie waar mens amper die vakansiehuise kan hoor asemhaal.

strand 1

Dis dan wanneer jy Hartenbos se poppe moet gaan opsoek.

Meeste van hulle is opgedollie in lang rokke en met outydste kappies op die kop.  Hulle dans, maak oorlog, speel skooljuffrou en diens  voertuie.  Dis  Hartenbos Museum se mannekyne!

Ek, die V.I.P  

“Weird, hier staan tog  hulle moet oop wees.”

Onseker trek ek aan die museum se voordeur.  Dalk is  die persoon aan diens gou winkel toe of iets.

Met my pa langs my, besluit ons om eers by die Was en Stryk Museum te gaan inloer.  Na ons besoek daar (meer hieroor later) kom ek sowaar weer voor dooiemansdeur staan!   Dalk kan iemand  by die ATKV kantore help.  Ek stap om die draai die koel gebou binne en gaan staan by die “Ontvangs” toonbank.

Die dametjie agter die toonbank kyk van haar papierwerk af op.

“Um….hallo” begin ek.  “Julle museum, is  dit toe?  Ek wil dit graag besoek as dit weer oop is.”

“Ek sal gou vir jou gaan oopsluit” antwoord sy.  Sy draai skuins op haar stoel, kyk effens rond voordat sy opstaan.  “Ek kry net gou die sleutels.”

Jeez!  Sy gaan wraggies spesiaal net vir my oopsluit!

Met die middagson wat op ons lywe bak  stap ons die paar treetjies museum toe.

Sy sluit oop en ek volg haar die skemerige gebou binne.

Ek betaal my  R2 toegangsfooi.  (dis gans te goedkoop as jy my vra!)   “Ek sal vinnig deurstap.” (Mens voel mos half skuldig as jy sulke VIP behandeling kry.)

‘’Jy kan jou tyd neem.” Kom dit van haar af.   “Ek het baie werk om my mee besig te hou terwyl jy na alles kyk.”

Ek stap dieper die museum in.  Regs van my is ‘n mannekyn gesin besig om hul ossewa te pak vir die Groot Trek.  Op linkerkant vang my oog ‘n roetekaart teen die muur.  Agter my is daar glaskaste met  voortrekker kappies op.

kaart

kappies colage

Alhoewel die museum  fokus  op ‘n gebeurtenis van 180 jaar gelede, is uitstallings alles behalwe vervelig.  Seker  omdat die  museum  mens laat dink aan  ‘n deurstap-pophuis.  Gelukkig hoef mens nie met skrefies oë deur piepkleine venstertjies na binne toe loer nie!   ; )

Dis hoe dit daar binne lyk:

Saal 1:

Ons trek!   (Na raming het tussen tien tot  twaalf duisend Afrikaners van die Kaapse oosgrens af noordwaarts getrek. Sommige bronne beweer dat dit selfs tot 17 000 mense kan wees)

pak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Saal 2:

‘n Blaaskans by Colesberg.

vroue werk

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Saal 3

Van ystersmidwerk tot riempiestoele maak – die manne se hande het vir niks verkeerd gestaan tydens die trek  nie.

mans werk

Saal  4

In die laer  tydens (of na)  ‘n aanval

geveg collage

Saal 5

Tydens  uitspantyd  is daar gereeld stof opgeskop met musiek en dans.

ontspan collage

Saal 6

Kos- klere-  en kersmaak.  Dit,  tesame met dinge soos kinders leer was van die daaglikste take wat  vroue  moes aanpak.

vroue werk collage

Saal 7:

‘n Nuwe tuiste

boekevat collage

Saal 8:

room 8

nuwe provinsie

Die “roer kamer”

masjiengeweer frame 1

gun collage

Ander oudhede wat my oog vang:

wat is dit

juk van marais

ou blaar

goeters

Esaias se grafsteen.  Die dame op die foto is  sy agter- kleindogter, Anna Matilda Smith.   (1866- 1961)

grafsteen en dogter

Dis ‘n jammerte dat die winkeltjie gesluit is vir besighied!   ; )

WINKEL COLLAGE

ATKV herhinneringe

ou hartenbos collage

boekie

koffiehuis colgae

Die Eeufees Makitie

Omdat ek nie my “wagter” te lank wil ophou nie is ek vinnig deur die Eeufees saal.  Later, toe ek by die huis  “eeufees” begin google is  ek spyt  ek het nie langer daar vertoef  nie!

Hier’s Die Storie:

100 Jaar na die Groot Trek, is die gedagte gebore om dit te herdek met ‘n Eeufees.   Dit kon egter nie op ‘n slegter tyd gebeur het nie.    Suid Afrikaanse politiek was in ‘n warboel en Afrikaners  verdeeld.     Tog, ten midde van alles, het twee ossewaens op 8 Augustus 1938 , die pad noorde toe aangedurf.    Die eerste stilhouplek tydens die tog was Goodwood.  Meer as  20 000 mense het daar saamgedrom vir die okkasie.

Hoe verder die waens getrek het, hoe meer in vervoering het die mense daaroor  geraak.  Honderde het agter die waens geloop en dit gevolg,  op sommige plekke selfs duisende.  Van die volgelinge was selfs uitgevat in Voortrekkerdrag.   By uitspanplekke is daar  gesing, gebid, gekuier, voorgedra, volksdanse is gedans en kinders is gedoop.  Daar’t selfs paartjies tussen die waens getrou, soos  Hartenbos se Danie Bouwer en Hettie Viviers.

eeufees getroudes

Die Eeufees is op ‘n hoë noot afgesluit in Pretoria op 16 Desember met die hoeksteenlegging van die  Voortrekkermonument.

As jy ooit Hartenbos se museum besoek neem gerus jou tyd in die  Eeufeessaal.  In die glaskaste is daar baie gedenkwaardighede waarna jy kan loer.

eeufees foto collage

uitvat klere

perdkare collage

Ek wonder somtyds hoeveel van ons land se geskiedenis vir toekomsige generasies verlore gaan.  Ek het nooit eers geweet  daar was iets soos ‘n Eeufees nie!   Om te dink dat mense, net soos die kinders van die    “Fluitspeler van Hamelin” sprokie in totale vervoering agter die ossewaens aangeloop het!

As jy ooit vir jou kind ‘n idée wil gee van  die Voortrekkerlewe  tydens die Groot Trek, bring hul hierheen!

Sommige Mans Maak Kos … Ander Hou Van Stryk(ysters)

Hartenbos Museum is egter nie die enigste museum op die dorp nie.  Daar’s nog een!  Een wat van hoek tot kant propvol artikels is waarvan jy baie vir die eerste keer in jou lewe gaan sien.  Die Was en Strykyster Museum.  Voordat jy verontwaardig in die lug snork en dink dis nie jou tipe plek nie , dink weer.  Daar is strykysters wat uit die 1600’s dateer in hierdie plek!  Behalwe vir meer as 800 strykysters is daar ook wasmasjiene, klerasie, kombuisware, kommunikasie middele, speelgoed, plaasimplimente en selfs ‘n borsrok wat van “Die  Hell” af kom.  Om alles te kroon is die einaar van die museum self die trotse eienaar van ‘n BMW 1150 GS.

Jan Ellis  se liefde vir strykysters het begin blom nadat hy en vroulief Janine, Hartenbos se  Laundraland wassery begin het.  Hy was nuuskierig oor  hierdie werksesels se herkoms, en nadat hy sy eerste oudtydse  strykyster in ‘n antieke winkel by  De Rust raakgeloop het, wou hy  nog  hê!

Kort na dit  koop Jan  die Duitse Kalwa familie in Kleinmond se  strykystermusuem.  Daarna rig hy ‘n gesellige museumpie op sy eiendom langs die wassery in.

Sedert  Mei 2005 het die versameling van 300 strykysters gegroei na 800. (dit mag nou dalk al meer wees)   Vir sommiges mag dit na stadige groei klink, maar as jy in ag neem hoe skaars van hierdie artikels is,  dan verrig Jan ‘n uitstekende taak om hierdie antieke itiems op internet en in antieke winkels op te spoor.  Baie van die artikels in sy museum kom van Amerika af.   Ek kan nie  help om te wonder wie die wasgoed by die huis doen nie!

Die maklikste manier om by die Was en Stryk Museum te kom is vanaf  Engin se kant.  (daar is net een vulstasie op die dorp)  Die musuem is  in Laundraland, net onder die Wimpy, ‘n klipgooi vanaf die  petrolstasie.

Ek het nogals verdwaald gevoel toe  ons die wassery binnestap en geen aanduiding van ‘n museum  sien nie.   Dis toe dat ‘n  stem  tussen die bondels wasgoed deur van iewers met  ons praat.    “Hallo, kan ek julle help?”

Ek draai om.  Agter ons is ‘n kleine stukkie mens  besig met wasgoed opvou.

“Hallo.  Ons is opsoek na die museum wat glo hier in die wassery is?”

“Dis net hie’ om die draai.  Wag, ek loop roep  gou die bestuurderes.”

Die museum is toe nie in die wassery nie, maar in ‘n buitegeboutjie net langsaan dit.  Die bestuurderes sluit vir ons die museum se voordeur oop en staan opsy sodat ons kan binnegaan.

“Bring maar net die sleutel wanneer  julle klaar is” sê sy en oorhandig dit aan Pa.

Die reuk van oudhede  kielie  ons neuse  toe ons oor die drumpel trap.

Goeiste!  Die plek is dan  hoek tot kant  propvol ou goeters!   Nie dat dit ‘n deurmekaar spul is nie.  Nee.  Dis  ‘n lushof vir enige geskiedenis vraaitjie.   Ek begin kyk.  En lees.  En foto’s neem.  Daar’s so baie  dinge wat mens vir die eerste keer in jou lewe  hier sien!    Iewers hoor ek my pa “baai” sê.  Hy praat iets dis te warm om te stap, ek moet hom bel as ek klaar is.   En ek?  Ek vergaap my nog steeds aan alles!

uitleg 3

Hier ‘s ‘n foto album wat ek saamgestel het  van  die oudhede wat in die Was En Stryk Museum is.  Hierdie is maar net ‘n paartjies, daar’s vreeslik baie om te sien in die museum.  Lekker kyk!

winkel uitleg 1

wasplanke

 Van Die Wasmasjiene 

handwasmasjien mixed

mannetjie roux

lemoenshoek bordtjie

lemoenshoek

prima bordtjie

prima

 rare bordtjie

rare 1wasmasjien

MERRIMAN BORDTJIE

MERRIMAN

ou wasmasjiene

geysor

Seep

seep en komme

seep vervaardigingsbordtjie

SEEPSKAAL

SEEPVORM BORDTJIE

SEEPVORM

BOERSEEP

soutsakkie sonder bordtjie

SAM_3078

wasgoedpennetjie bord

pennetjies

Strykysters

BABA YSTERS

tattle tale

strykyster collage 1

stove iron

oxtongue yster

ms potts bordtjie

ms potts

egg irons

koper strykyster

gasyster

charcoal cat  iron

draak

mooi bokant

seal iron

sprei bottelmooi

goeters waarop jy strykysters neersit

Hou Warm

irron holder

iron warmer

german rocker

frensh stove

koolstofie

wasgoedpars

pleating masjien 2 bordtjie

pleating masjien 2

blaasbalk bordtjie

blaasbalk (sit beskrywing apart by

Hardebaard & Kie

throught cutter bordjtie

throught cutter

skeermes en tandepasta

shaver

botteltjies

brilgoeters

Apparate / Gadgets

SYKOUSE BORDTJIE

SYKOUSEbeending

horlosie skoonmaak bordj=tjie

HORLOSIE  SKOONMAKER

Ouma se Kombuis 

KOMBUISGOED COLLAGE

Klere en Bykomstighede

BROEK

voortrekker kappie

tinkles b

tinkles 1

nighty

korset van gamkaskloof bordtjie

korset van gamkaskloof

korset 2 bordtjie

korset 2

baaibroek collage

wig bordtjie

wig

skoen goeters

shoe divice

hat stretcher

long dresses storie

long dresses

kuildoos 2wasgoedkoffer

Oppie Plaas

boergoed

boere oorlog emmer mixed

horing gewas

koedoehoring collage

kalf

waterbalie

gompot

Patroongordel

DOPPIESBELT

bayonette mix

Kyk nou net:  ‘n mieliepyp!

MIELIE COLLAGE

campersstove collage

KERS COLLAGE

tonteldoos bordtjietonteldoos

stokgoeters

Fyn Luister

telefoon sonder b

radio bordtjie

radio

GRAMMAFOON MIX

mishoring

Speelgoed

ou versameling 1

speelgoed

speelgoed 2

speelgoed 3

speelgoed naaimasjien

gesoek

Hierdie mond-oophang museum is beslis een van die oulikstes waarin ek al ooit was.   Dis knus, propvol nostalgie en boonop mag jy  aan stokou  masjiene se knoppies te druk en aan items vat!

As jy ooit Hartenbos besoek, maak die Was en Strykystermuseum jou eerste stop plek.  Daar’s iets vir  almal om oor te “oooh en te aaaah”.

Ter Afsluiting

Tydens my kuiertjie in Hartenbos het ek die nommer een fout gemaak waarvan almal praat.  Die “maar ek ken die plekkie” fout.   Alhoewel ek die museums besoek het en so twee keer strand toe is, het ek geensins my lyf toeris gehou nie.   (Ek het basies Hartenbos as basis gebruik om van daar af ander plekke met my  motorfiets te besoek.) Dalk  omdat ek alles op Hartenbos  vanselfsprekend ervaar.    En nou dat ek daaraan dink, is baie dinge wat ek nog  vir jou kon wys.   Ek skaam my sommer!

Doutrappernota’s

Motorfietsvriendelik:

Parkering in Hartenbos gedurende seisoentyd is redelik maklik, maar stadige buffer teen buffer verkeer mag jou dalk frustreer.  “Lanesplitting” word nie in die dorp aanbeveel nie.   Hartenbos Museum sal jy met al jou ryklere en valhelm in die hand kan besoek.  By die  Was en Stryk Museum mag jy egter dalk per ongeluk van die oudhede met jou valhelm afstamp as jy nie kyk waar jy jou lyf draai nie.

Doen Dinge (meeste tydens seisoentyd):

Hou jou lyf strandloper en geniet alles wat Hartenbos se blouvlagstrand jou bied.

h 6h 4

Huur ‘n trapboodtjie of kanoe by die riviermond

As jy nie van sand hou nie is daar ‘n warm water en koue water swembad waarin jy ook kan gaan rondplas.

Die waterwurm “sluk en geniet” nou al vir jare lank.  Deesdae is daar ook waterglybane by die waterpark vir avontuurlustiges.

waterpark hartenbos

(foto gegaps van internetbron) 

Vir die kinders is daar ‘n mini mallemeule, wipmatte en mini-gholfbaan.  Die jongklomp kan in die danssaal gaan “sokkie.”

Konserte.   Tydens die somervakansie is daar meer as genoeg om van te kies.

Doen  kersinkopies by die vakansie(vlooimark)stalletjies.

In die Walvissaal se ingangsportaal is daar gewoonlik ‘n kunsuitstalling.

Stap terug in tyd en besoek die Voortrekker Museum.  Toegang is R2.  Let daarop dat nie alle mik-en-druk  kamera’s goed  werk hier binne nie!

gedenkstene 2

Kyk hoeveel strykysters jy kan tel by die Stryk- en-Was museum. Toegang is R5.   As jy katte in die son sien lê en bak moet hulle asb nie verjaag nie.  Dis Jan-hulle se weeskindkattte na wie hulle omsien.

winkel

Kry vir jou ‘n vakansieprogram en raak deel van die vakansie-aktiwiteite.

Hartenbos  Kaart:

(die plekke wat ek besoek het)

Hartenbos KAART

Bloublasie Noodhulp :

As ‘n bloublasie jou die dag in die see piets sit van hierdie plant se blaarsap op jou brandwond.  Dit  groei so te sê amper op die strand.

suurvy 3 suurvy 1

Nog DouTrapper Feite

Die skeepskaptein se bak

Die bak wat die “Huijs te Marquette se  skeepskaptein vir Esaias gegee het kan in Mosselbaai se Maritime Museum besigting word

Hartenbos se eerste skolier

Op 26 Januarie 1904 is klein  Adam van der Berg die eerste leerling wie in   Vaalvlei Primêre se skoolregister opgeteken word.    Lees meer van Laerskool Hartenbos se geskiedenis hier:  http://laerskoolhartenbos.co.za/component/content/article/115

Ouma Meraai En Die Skoenfabriek

Baie  Vaalvlei Primêre leerlinge het op 16 by Hartenbosch se skoenfabriek gaan werk om die pot aan die kook te help hou.  Ouma Meraai was een van hierdie kinders gewees.    Lees meer oor haar hier  http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1994/11/04/4/18.html 

Die ATKV Se Ontstaan, In Kort

Tydens die 1930’s  het baie ongeskoolde, verarmde Afrikaners in stede kom werk soek.  Meeste van hulle is aangestel in die Spoorwegdiens waar hulle in  “spoorwegkampe” gewoon het.   Dit, tesame met nog ander faktore (soos dat daar in Engels gewerk is) , het dit vir die manne moeilik gemaak om hul Afrikaner identiteit te behou.  Dis toe dat Edwin Robert Carney en Sybrand Jacobus van der Spyen en nog ‘n  paar  manne die  Afrikaanse Taal en Kultuur Vereniging op 19 Augustus 1930 gestig het.   Dit is  as ware gestig om die Afrikaner,  wat gevoel het dat daar geen meer hoop vir sy taal en kultuur is nie, te bemoedig.

Koos Kombuis;

Wat Koos oor Hartenbos te se het: http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2002/12/22/33/2.html

Eregas bederf

Baie dankie aan  Hartenbos ATKV wat  die Hartenbos museum oopgesluit en my toegelaat het om soos ‘n wafferse VIP  alles op my eie te  kon besigtig.  Dit  verseker ‘n  10 /10 op die DouTrapper pluimpielys!

Dankie

Baie dankie dat ek jou so vinnig in Hartenbos kon rondwys.  Die volgende plekkie wat ek met die “Rockstar  motorfietsie gaan besoek is Klein Brakrivier.  Tot dan, hou die blink kant bo!

Sparkle

 

Hartenbos en bike 1

Bronne

http://www.plantzafrica.com/plantcd/carpobed.htm

http://www.herbgarden.co.za/mountainherb/herbinfo.php?id=185

http://archiver.rootsweb.ancestry.com/th/read/BUITENPOSTEN/2005-07/1120972573

http://www.e-family.co.za/ffy/g2/p2819.htm

http://www.vandenberg.co.za/Suzaan.htm

http://www.morgenthal.co.za/getperson.php?personID=I1362&tree=tree1

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1996/11/16/11/1.html

http://www.mieliestronk.com/groottrek.html

http://atkvoorde.co.za/hartenbos-museum

http://wasenstrykmuseum.co.za/history-geskiedenis/

http://www.hartenboswaterpark.co.za/

http://www.southerncape.co.za/towns/hartenbos/welcome.php

http://www.rsa-overseas.com/archaeology/maritime-museum.htm

http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/wp-content/uploads/2011/09/22-Oktober-Simboliese-ossewatrek.html

https://www.facebook.com/pages/AFRIKANERKULTUURDAGBOEK/318928188644

Advertisements

2 thoughts on “Ek Onthou Hartenbos

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s