Brandwag: Die Plek Met ‘n Bobaas Boere-Basaar!

brandwag op 'n afstand frame

Ry mens verby Brandwag se “ou dorp” sal jy nooit raai dat hierdie plekkie met sy 6 huise jaarliks Mosselbaaiers laat toustaan voor die kerkhekkie nie.

kerk en klok frame  My Pa vertel dat mense al vroegdag in rye voor die NG kerkie se  “poorte” staan,  wagtend dat die  boere-basaar moet afskop.  Oudergewoonte open dominee eers die dag met ‘n verwelkoming en bedankings terwyl  jaaroue vriende mekaar saggies groet en onderlangs geselsie aanknoop.   Daarna is dit tyd vir stomende koffie en warm roosterkoek in een van die tente.

By hierdie basaar word produkte so stuk-stuk in sarsies tussendeur die kuiery verkoop, net soos die mense daarvan hou.  Nadat koffie en roosterkoek verkoop is, kom groente aan die beurt, gevolg deur koek, sop, afval en nog ander plattelandse lekkertes.  Vleisprodukte word altyd heel laaste in die kerksaal verkoop.

Brandwag se basaar klink na een van daardie kuiers waar jy vir ‘n klein rukkie sorgeloos  kan ontspan terwyl jy jou basaarpoedinglepel onbeskaamd aflek.  Dis ‘n plek waar mens die lewe se stophorlosie vir ‘n rukkie kan stop terwyl  jy jou mandtjie propvol groente, soetgoed en tuisgemaakte afval pak.  Teen die tyd wat die dag se laaste skaaptjops verkoop is en jy jou pakkie vleis in die kattebak laai kan mens behaaglik sug oor die  “goeie ou plaas lewe”  Want sien, die lewe is veronderstel om eenvoudig te wees.  🙂

DouTrapper Nota’s:

Roete Vanaf Hartenbos tot Brandwag: 

Hoe verder mens van Hartenbos af wegry op die R328, hoe mooier raak die roete. Moet net nie te veel dagdroom tydens jou reis nie, anders gaan jy dalk die “ou dorp” op linkerkant misry!   😉

Hartenbos - Brandwag kaart

6 Huise

Waarvan een ‘n gastehuis is.  Dis hoe groot Brandwag se “ou dorp” is!

(met hierdie foto het ek die kamera op “live panorama” gestel.  Die linkerkantste gedeelte van die pad gaan na die R328 terwyl die een op regterkant tussen die dorp se paar huise deurloop.

brandwag dorp view frame

Ter Nagedagtenis

Hierdie gedenksteen het ek gevind op een van die toring se voetstukke

ter nagedagtenis frame

Geen Toegang

Tydens my oogwink verkenningstog deur Brandwag se “ou dorp” kom my reis tot ‘n einde voor hierdie brug.    Dis nogals jammer, want ek sou graag  die ander kant wil sien.

geen toegang mxi frame

Grondpad Wink

Links van hierdie  bruggie loop daar ‘n grondpad wat baie aanloklik lyk.  Dit is nogals moeilik om nie toe te gee aan die begeerte om dit te volg en hopeloos te verdwaal nie!

huisie frame

 

Tekens Van Lewe

Dit, en ‘n tuindienstebakkie wat verby jaag, is die enigste lewe wat ek in Brandwag sien.

bees mix frame

Nuwe Dorp

Onderweg na my volgende bestemming ry ek verby Brandwag se “nuwe dorp.”  Ek het egter nie daar ingeloer nie.

brandwag se nuwe dorp frame

Doen Dinge

Brandwag is ‘n plekkie waar jy nie regtig lank kan vertoef nie, tensy jy in die dorp se enigste gastehuis ingeboek is.  Behalwe vir die jaarlikse basaar, gebeur daar nie veel nie.

Vragie

Wanneer laas was jy by ‘n basaar?

Dankie dat jy Brandwag saam verken het, volgende keer gaan daar pêre wees!

Sparkle

xxx

brandwag naam frame 2

 

 

Advertisements

6 thoughts on “Brandwag: Die Plek Met ‘n Bobaas Boere-Basaar!

    • Hier by ons is hier mos “feesmarkte” deesdae tannie. Dis net handgemaakte goed en kunsvlyt waar jy kyk. Ek moet bieg, ek was jaaaare laas by ‘n basaar, maar ek dink vanjaar is dit tyd om een van die Swartlandse basare te besoek. Ek sal seker eerste na die tafel toe hardloop waar daai taai ricekrispy koekies verkoop word. 🙂

      Liked by 1 person

  1. Jy praat van my grootword plek asof dit ‘n monument is… Ongelooflik hoe die ‘dorpsmense’ ons basaar so kan waardeer. Ek lees ook d artikel oor Ruiterbos, my voetholte vir die 6de geslag al. Dankie dat jy ons plek so mooi laat klink & leef…..

    Like

    • Ek wens so ek kon voor die tyd van jou weet, dan het ek my jou kom inloer! Mag ek vra dat jy ons sal laat weet wanneer daar weer ‘n basaar op Brandwag is? Ek sal graag bietjie voorbrand wil maak vir julle. 🙂 Baie dankie vir jou saampraat An-Johlene. Dis altyd ‘n groot bederf om iemand nuut in die kuberruim te ontmoed. 🙂

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s