Ruiterbos: Die Plek Van Sprokiesperde – Deel 1

Daar is van die oumense wat sê dat jy moet probeer onthou wanneer laas het jy ‘n wit perd gesien as jy hik, dan sal die hik sommer gou verdwyn. Maar wat as jy ‘n wit sprokiesperd sien wie se misteriese skoonheid jou asem wegslaan? Een wie op sy hoewe soos  ‘n ballerina kan trippel terwyl sy maanhare al wuifende saamdans. Daar bestaan sulke wesens. Hulle is Ruiterbos se “Outenique Moon” Percheron perde.

intro foto(foto met spesiale vergunning van Outenique Moon, fotograaf Alexandra Evang)

Hierdie perdeplaas lê sowat  200 meter langs die R328, 25 km vanaf Hartenbos, ‘n entjie vanaf die skilderagtige Robersonpas.   ‘n Smal tweespoorpaadjie lei mens met ‘n draai verby die perdekampe se witgeverfde houtheinings voordat dit by die parkeerarea se grastapyt eindig waar twee swaaisterte hul beste pooitjies voorsit om jou te verwelkom.

honde en bike mix

Met die ontspanne atmosfeer wat op die plaas heers, voel mens in ‘n japtrap tuis op hierdie perdeparadys.   Oppad na die ontvangslokaal ontmoed ek Jenny, my toergids vir die dag. By haar en Luzelle leer ek baie dinge van Percherons.

Hierdie trek-of-boerperd, soos ons maar gewoonlik van hulle praat, is ons laaste verbintenis met die dae toe regte perdekrag nog gebruik was om voedsel te produseer.   Vandat trekkers op plase ingespan word, raak Percherons al hoe skaarser.   Om die probleem te vererger is daar wêreldwyd ‘n tendens om hierdie perde na ‘n ligter ras te teel sodat hulle meer gebruik kan word as ry-of-koetsperde.  In Frankryk is Percherons se lot die ergste.  Hier word hulle deesdae geteel vir hul vleis.  Daarom doen Outenique Moon alles in hul vermoë  om hierdie ras te beskerm.

Tans hou daar 21  opregte Percherons  “vakansie” op Outenique Moon.  6 Hiervan is  “rescues”.  Etes word twee keer per dag bedien en bestaan uit individuele maaltye volgens elke perd se behoeftes.  Gekonsentreerde lusern-en- koringsemel korrels, tesame met ‘n vitamien aanvulling en lusern hooi gee die reuse perde alles wat hul nodig het om in kolossale perde te ontwikkel. (wonder wat Tim Nokes hieroor te sê sal hê 😉 )

So af en toe werk die Permachans darm vir hulle kos deur besoekers te trakteer op waritte.  In die toekoms gaan hulle ook so bietjie meer moet help met die plaas se boerdery.  Dis hoe van die implimente lyk wat in die ou dae deur trekperde gebruik is.

stoorgoed 2

As daar nou een perd op hierdie plaas is wie weet hy is mooi, dan is dit Greystoke.  Hierdie bielie  is so ingenome met homself dat die  Aussies hom die Elvis van Pecherons gedoop het.   Hulle reken Greystoke is een van die beste teelperde ter wêreld omdat hy die spier en beenstruktuur het waarin moderne perde tekort skiet. Op twaalf jarige ouderdom weeg hierdie hings meer as ‘n ton en verorber hy daagliks 6 kg gekonsentreerde voerkorrels, ‘n kwart baal lusern plus sy vitamienes.  Ek kan nie anders as om een van sy model foto’s hier te plaas nie.  (Met vergunning van Outeniqua Moon. Fotograaf Alexandra Evang)

Greystoke-4

Tank Girl is een van Greystoke se dogters.  Daar word gereken dat hierdie sewejarige nooi, wie 17.2 hande hoog is en oor ‘n ton weeg, die land se grootste merrie kan wees.  (Op die oomblik word daar geen kennis gedra van ‘n merrie groter as sy in Suid Afrika)  Omdat Greystoke haar pa is sal sy in die nabye toekoms na Robertson vertrek vir haar  wittebrood.

(hierdie is ook ‘n geleende foto van haar. Met vergunning van Outenique Moon.  Fotograaf  Alexandra Evang)

tankgirl

Shadowfax, wie in Januarie drie geraak het , mag dalk net  eendag pa Greystoke  verbysteek as voorste pronker.  Tot dusver is hy die grootste Suid Afrikaanse vul wat uit  ‘n Suid Afrikaanse bloedlyn gebore is.   Huidiglik is hy 18.2 hande hoog en weeg hy ongeveer ‘n ton.  Op sewejarige ouderdom behoort hy die hoogte van 19.2 te bereik. Wat Shadowfax besonders maak is dat hy ‘n baie hoë perd is en die beenstruktuur het van die trekperde van ouds.   Al lyk hy so groot is hy maar eintlik nog ‘n kleuter en word hy tans net touwys gemaak hoe om baie ligte werk te doen.  Verder word daar gekonsentreer om vir die knaap maniere te leer!  Op die oomblik eet hy daagliks 9 kilogram gekonsentreerde korrels, te same met sy vitamienes en ‘n kwart baal lusern.

shadow collage

Vulcan, ook een van Greystoke se kinders sal ongelukkig nie in sy pa se hoefspore  kan volg as stoetperd , omdat hy ‘n reun is.    Sy kampmaat Bob doen al vir ‘n geruime tydtjie karwerk.

hinges mix

Hierdie is Lisa se vulletjie, Lyric.  Mens wonder of die oudtjie nie dalk ‘n basterperdtjie is nie, maar dan hoor jy  dat  spierwit Percheron mamma’s geboorte skenk aan pikswart vulletjies.  In Suid Afrika kry ons of wit (wat Grey’s genoem word) of swart Percherons.  Swart gebore vulletjies is wit teen die tyd wanneer hulle volgroei is terwyl silwerkleurige vulletjies by geboorte weer swart raak.  Terwyl vulletjies groei na volwassenheid kan hulle deur ‘n siklus van verskeie kleurskakerings gaan,  wat bruin en grys insluit.

LIRIC VIR BLOG

wit ma swart kind

Dis asof die aardbol stilstaan en mens van tyd vergeet as jy by Outenique Moon op die sagte gras van kamp na kamp loop en die sagmoedige skoonhede met hul magiese betowering bewonder.  Dis ‘n ras grasieuse reuse, onttroon  op ploeglande deur trekkers.  Met plekke soos Outenique Moon en organiese boere wat weer die hand aan die hef slaan,  kry hierdie perderas weer  hoop op ‘n toekoms.

GROOT COLLAGE

 

PERDE KUIER

perde panorama foto

Ek vryf  Lyric saggies op haar fluweelneus terwyl sy my afsien. Haar asem is warm op my hand en sy  snuif saggies daaraan terwyl sy my met haar sagte bruin oë nuuskierig dophou.

VUL MIX

Ek klim op my eie rooi ysterperdjie en prrroeeee-proeeee saggies by die grondpaadtjie af voordat ek verder regs draai op die R328.   My volgende avontuur lê voor ….

panorama van paaidtjie en perdekamp

 

 

DouTrapper Nota’s:  

Die Roete

Hartenbos na

Ry vanaf  Hartenbos  op die R328 vir sowat 25 Km.  Draai regs vanaf die teerpad op die grondpad en volg die tweespoorpaadtjie na Outenique Moon

Percherons:

*Swart vlieëmaskers – in sommige foto’s sal jy dit sien.  Dit word gedra om insekte uit die perde se oë te hou.

*Merk gebied – perde merk hul area deur daarop te mis.  Merries doen dit ook.

*Tande knip – perde se tande kan groei  tot in hul twintigs.  Daarom word hul tande jaarliks deur ‘n veearts geknip.

Wat  Outenique Moon bied

*‘n Opvoedkundige toer waar jy met die perde kennis maak, hulle kan streel en selfs op sommiges kan sit.

*Koets/wa ritte.

*‘n Restaurantjie

*Vir dagbesoekers is daar braai fasiliteite, ‘n swembad, wipmat en speelarea vir  kinders

*Besoekers  kan  ook in die Gastehuis oornag as hulle onder die perde se towerspel  is.

*Vir meer inligting oor Outenique Moon en Percheron perde besoek gerus http://www.outeniquamoon.co.za/

huis agter panorama

 

huis mix

Motorfietsvriendelik

Motorfietsryers is welkom om die plaas te besoek, solank jy nie jou aankoms aankondig met ‘n klomp uitlaatpypknalle nie.  Jy moet dalk gemakliker skoene inpak as jy van op die perde wil sit.  (dis deel op die opvoedkunige toer )  MX stewels mag dalk lol met die opklimslag.

Geskiedenis Van Ruiterbos

Geen Doutrapper inskrywing sal volledig wees sonder ‘n brokkie geskiedenis nie.  Wat ek kon uitvind van Ruiterbos is dat die area  vroër jare eers as Rabos bekend gestaan het totdat ‘n Mr Beneke, ‘n plaasboer van die distrik, tydens die Anglo Boere oorlog ‘n boerekommando op sy plaas geakkomedeer het.  Van toe af het mense saggies van Rabos as Ruiterbos begin praat , omdat daar so baie perderuiters in die omgewing was.  (Later is Beneke en die boerekommando as krysgevangenis deur die Kakies gevange geneem.)

Selfs al het mense met hul ossewanes by Ruiterbos uitgespan voordat hulle die Outenique berge moes oorsteek, het die “kampeerarea” wat Beneke vir reisigers uitgesit het nooit in ‘n dorpie ontwikkel nie.  Dus dalk waarom dit so lyk as jy verby die  Ruiterbos bordtjie ry:

ruiterbos se bordtjie

Daar is wel ‘n winkeltjie wat ook ‘n restaurantjie en poskantoor het wat langs die R328 geleë is.  Dit bedien die boeregemeenskap wie in die omgewing woon.

Uit die Volksmond

Hier is ‘n paar spreekwoorde  wat ek van perde in die hande kon kry uit die boek, “Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom”, deur Anton F. Prinsloo.  Uitgegee deur Pharos Woordeboeke:

Moenie ‘n gegewe perd in die bek kyk nie

Die een perd se prys

‘n Ou perd kry ook lus vir groen voer

Die perd wat hawer verdien, kry dit nie

Die hinkende perd kom agerna

As die perde horings kry

‘n Perd knipmes ry

Die perd wat die korrels verdien, kry baie maal die strooi

Die gewillige perd moet die kar trek

Die perde die leisels gee

Die verkeerde perd opsaal

Pure perd voel

Die maerste perd skop die seerste

‘n Perd die spore gee

Die perd ruik sy stal

Soos ‘n steeks perd

Die perd se stert afpraat

Die beste perd stuikel ook

Die Trojaanse perd inbring

Jy kan ‘n perd na die water bring, maar hom nie dwing om te drink nie

Daar sal groot perê wees

Gou op sy perdtjie wees

Dankie dat jy saam met my na hierdie manjefieke perde kom kyk het, volgende keer verken ons die Ruiterbos Vallei verder.

XXX

Sparkle

ruiterbos borrdtjie panorama

Bronne: 

http://www.ruiterbos.com/about.php?item=2

http://www.places.co.za/html/ruitersbosnp.html

http://archiver.rootsweb.ancestry.com/th/read/SOUTH-AFRICA-EASTERN-CAPE/2004-10/1097962419

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Advertisements

9 thoughts on “Ruiterbos: Die Plek Van Sprokiesperde – Deel 1

  1. Baie dankie Spokie! Die dag toe ek daar besoek het was dit die perde se “tande dag”. Die dame wie die foto’s geneem het is ‘n Duitser wie hulle “ingevoer” het vir ‘n fotosessie as ek die storie nou reg onthou.

    Liked by 1 person

  2. Sjoe! Jy doen baie moeite met jou bloginskrywings. Baie dankie daarvoor.
    Dis die mooiste, mooiste foto’s en die mooiste mooiste perde. 🙂
    En weet jy wat, ek glo Tim Noakes sal saamstem dat lusern een van die beste voedings is wat daar is. 🙂 Lusern is mos nie ‘n graan nie.

    Liked by 1 person

    • Daar het jy nou ‘n baie goeie Nim Toakes punt beet Toorsie!

      Jy moet bietjie gaan kyk op Outeniqua Moon se webwerf. Al die Duitse fotograaf foto’s is daar. Dis wow. Dankie vir die mooi kompliment. My inskrywings neem dalk so bietjie langer om te pos, maar ek sien julle as my eregaste en ek wil graag die blog ‘n plesier maak vir julle om te lees. xx

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s