Wit en Swart Gedagtes – Deathgrip

Mense sê dis die uitdagende oomblikke waardeur ons worstel wat ons by bly, nie die rooskleurige la-di-da teepartytjies nie.

Almal wie ‘n motorfiets ry beleef daardie oomblikke. Sommige is bang om op sand te ry, ander gly in modder rond terwyl party selfs sukkel met hoogtevrees. In daardie oomblikke skakel die oorlewings knoppie in jou kop aan. Dis dan wanneer jy soos ‘n styfgesnaarde stokmannetjie aan die motorfiets se stuurstang vasklou terwyl die sweet jou afloop.

Een van my grootste deathgrip oomblikke was op hierdie plaaspad ‘n paar kilometer voor Verneukpan. Die sandpad het na ‘n lang dag van grondpaaie ry net te veel geraak. Maar ek is daar deur, al swetende en klouende. Met die son in my oë en ‘n baie hoë gifappeltjiemeter. Dis nou een rit wat ek altyd sal onthou! 🙂

wit en swart gizmo mix

“You’re off to Great Places!
Today is your day!
Your mountain is waiting,
So… get on your way!” 
― Dr. SeussOh, The Places You’ll Go!

(Hiedie is deel 3 van Spokie se 5 Dae Wit en Swart Foto uitdaging)

Advertisements

9 thoughts on “Wit en Swart Gedagtes – Deathgrip

      • Ja, die sluiting is 31 Maart, so daar sal seker nog baie inskrywings inkom, maar mag jy eers die uitslag 2 maande later hoor. Wees maar baie geduldig! En ja, daar is baie ander goeie skrywers ook, maar sien dit as ‘n oefening, en hou net aan. So word ‘n skrywer maar gebore en gevorm …
        Die wenstories word dan later in boekvorm uitgegee.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s