Wit en Swart Gedagtes – Piet

Skielik staan hy langs my.  Piet Olivier.  Sy lagplooigesig is oop en wakker.  Met blink oë vra hy of ek ‘n foto van hom en sy  bokke sal neem. Eers wonder Piet of hy sy hoed moet afhaal, voordat hy my ernsig aankyk asof ons ID foto’s gaan neem.

Ek:  “Erm … Piet?  Kan jy dalk so bietjie smile asb.”  Hy blik of bloos nie.

Ek:  “Wys so bietjie jou tande!”  Piet lyk ongemaklik.  Hy trek sy bo-lip op,  byt op sy tande.

Piet: “ Hoe moet ek staan? “

Ek:  “as jy jou lyf skuins draai kan ons die bokke mooi inkry.”

Piet sak laer grond toe.  Die bokkies staan ons tjoepstil en aanstaar.  Hoe meer ek  probeer verduidelik dat hy moet skuins draai, hoe meer stoot hy sy  boude uit!

Later maak ek ‘n grappie en Piet lag.  En daar neem ek die mooiste foto’s van Piet!

wit en swart piet mix

Be kind, for everyone you meet is fighting a hard battle.

Philo

(Hierdie is die vierde deel van Spokie se 5 Dae Wit en Swart foto uitdaging)

Advertisements

10 thoughts on “Wit en Swart Gedagtes – Piet

  1. Dis so ‘n kinderlikheid,wat uit die foto’s straal.Dit maak mens se hart week,om die opgewondenheid van iemand te sien,waarvan daar sekerlik min of geen foto’s bestaan nie.

    Liked by 1 person

  2. Ek het ook so idee dat hy bitter min foto’s het. Sover is Piet Olivier een van my gunsteling mense wie ek al op reis ontmoed het. En kan hy praat. Sjoe!

    Sodra Spokie se laaste wit en swart foto op is sal ek vir jou ‘n paar kleurfoto’s van Piet plaas. 🙂

    Dnkie vir die inloer Bytjie!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s