Bokmelk Boerboelle En ‘n Boere Oorlog: Middelpos

(So rukkie terug het ek vir Spokie belowe dat ek vir haar die kleur foto’s van Piet Oliver sal wys. Ek het intussen besluit om sommer die hele Middelpos bladsy te skuif na  bloginskrywings toe omdat ek besig is om aan ‘n nuwe DouTrapper blog uitleg te werk.)

“Wat vir ‘n plek is dit die?”  Vir ‘n oomblik vergeet ek van wegjaag vir my kerel.    Voor my in die stofstraat staan ‘n groep motorfietse op ‘n bondel by die dorp se enigste petrolpomp.     Meeste van hulle ken ek.  Ons is almal  oppad na ‘n plaaspartytjie buite Calvinina ten bate van Tau  se Dakar drome.  Agter die groep ysterperde sien ek  twee of drie  geboue uitsteek.  Dis al.

Hulle noem dit ‘n dorp? Wat jy waaaaa’ kry!?

Angstig skop ek my  Honda  XR 200 aan die brand.  Ek sal moet ry  voordat Nelis-hulle  my hier vang  en die stofskoeter  weer op die sleepwa laai.  De motorfietst brul blikkerig terwyl ek teen ‘n slakkepas koers kies na Mof se plaas.  Van Middelpos, moet ek af wegkom!

En nou, meer as  twee jaar later is ek weer oppad na die Roggerveldse plaasdorpie.   Op die rand van die Middelpos  trek ek van die pad af en bring my toerfietsie tot bedaring.   Rondom my is dit so stil dat mens amper ‘n erdwurm onder die grond sal kan hoor kriewel.  😉middelpos in sigBeskeie huisies staan rond-en bont tussen die Karoo bossies, amper soos sorgelose vygies wat opkom net waar hulle wil.  ‘n Lui, byna verveelde atmosfeer hang in die warm  lug.  Asof  Saterdag eintlik  ‘n Sondag moet  wees.

Ek skakel die motorfiets  aan en ry tydsaam die dorpie  binne.  Geen mens is te siene nie, behalwe vir  een of twee Middelpossers wat soos winkelpoppe op die winkelstoep die vertes intuur.  Verby die afgetreede ou poskantoor, om die verkeersirkel loop die grondpad  na my slaapplek vir die aand. Middelpos Hotel.

Dis lekker om na ‘n dag van vaal stofpad en bruin karoobossies die hotel se  groen bome te sien.    Ek parkeer my Djebeltjie langs die ander motorfietse voor  die hotel.     Die manne in ons groep sit langbeen op die stoep,  wagtend dat  iemand  kamers moet kom aanwys.    Ingrind en Yolandi is straat-af, Boerboelle toe.sondag oggend verrtrekEk stap met my songebakte lyf die koel, donker gebou binne.    Vlamblou sonkolle dans voor my oe tussen die houtmeubels deur.  Aan my linkerkant is ‘n sitkamer met rusbanke en ‘n klein boeppens tv’tjie.   Links van dit is ‘n  kroeg met iets wat baie na ou kerkbanke lyk agter teen die muur!   Regs van die sitkamer sit daar  ‘n spierwit “men’s cloakcroom”.    Aan die linkerkant van dit is ‘n slaapkamer,  amper so groot soos my huisie!binne die hotel colageDie gebou was oorspronklik eers Middelpos se kruidenierswinkel.     In 1954 is dit omskep in ‘n  hotel.  Vandag  bestaan dit uit  10 groot slaapkamers, ‘n kroeg, 2 sitkamers en ‘n  eetkamer.

Met geen personeellid in sig stap ek uit die gebou  en gaan staan op die sementstoep.  Ek kriewel van nuuskierig om al die interesanthede wat ek gegoogle het,  te gaan opsoek.  Bewapen met ‘n mik-en-druk kamera is ek die “hoofstraat”  af.hoofpad uit middelposMiddelpos was glo jare gelede deel gewees van  Stinkkuil plaas.  Nadat die eienaar van Stinkkuil oorlede is, het een van sy erfgename Jan Nel, ‘n gedeelte van die plaas in 1860 aan ‘n Engelsman, Daniel  Tomlinson verkoop.    Daniel het nie op hom laat wag nie en met  ‘n handelspos begin.  Hy’t dit Middelpos gedoop.   Daardie dae het mense gereeld hier gestop vir ‘n blaaskans onderweg  na hul stemmings toe.   Later het Daniel ‘n behoorlike  winkel met drie kamers gebou. 

 Na sy afsterwe het  Sir Anthony Sher (gebore in 1949, akteur en skrywer)  se oupa Middelpos gekoop.  Die  Sher-familie het gewoeker en  Middelpos  so ontwinkkel dat dit ‘n  inkopie-en- kuierplek met gereelde vendusies en sportbyeenkomste vir  Ceres, Sutherland, Calvinia en Welliston se mense  geraak het.     Na die Sher’s  het Middelpos ‘n paar keer van eienaars verwissel.   In 1980 het Koos van der Westhuizen  baas van hierdie plaas en so ook die dorp geraak.

As jy verby die hotel se tennisbaan stap sal jy  Tomlinson se graf langs die pad merk.tomlisson se grafBehalwe vir die “dorpsvader” se graf is daar nog een met ‘n historiese agtergrond.     As dit  kon praat sou dit jou vertel ‘n veldslag wat hier buite  Middelpos plaasgevind het.

Volgens ‘n “boere” soldaat se dagboek het  Jaap van Deventer  te hore gekom dat die Kakies met voorraadwaens deur die area beweeg.  Op die nag van 5 Februarie het hy die vyand oorval met ‘n verrassingsaanval.   Waens is aan die brand gesteek, diere verjaag en skote blindelings in die donkerte afgevuur.      Die volgende oggend het Deventer ook ‘n verrassingsaanval geloods op ‘n besette “Engelse” koppie naby die nag se  aangevalde kamp.  Met  hierdie strategiese uitkykpunt in hul hande,  kon hul nou ongesiens   diere gaan buit in die verslane Britse kamp.     Na hierdie veldslag het die Khakies onttrek uit die area en suidwaarts beweeg.    (die hele oorlogstorie kan hier gelees word;   http://www.angloboerwar.com/books/35-reitz-commando/816-reitz-chapter-24-calmer-waters    )

Drie boere het tydens die veldslag omgekom.    Aan die Britse kant het  3 offisiere, een sersant en 7  soldate van die “11th  Imperial Yoemanry’’ gesneuwel.   Vier maande na hierdie veldslag is die Tweede Anglo Boere oorlog beindig.  Dis toe dat daar later ‘n gedenksteen en kruis na Middelpos gestuur is met die versoek dat al die gevalle Britse soldate se laaste rusplek  in die massagraf moet wees.MIDDELPOS SOLDATE GRAFNa ‘n stille verposing by die groot sement monument wat opgedra is aan vergete pa’s en seuns,  stap ek  na Middelpos se “agterplaas”.

Daar is die oulikste baba bokkies! Nog te skattig  om rammetjie uitnek te wees.hallo bokkie

oulike bok

Skielik staan hy  langs my.  Piet Olivier.  Sy lagplooigesig is oop en wakker.  Hy praat vinnig,  aanhoudend.  Dit kos omtrend ore spits om sy  woordegallop te volg.   Met blink oe vra Piet of ek ‘n foto van hom by sy bokke sal neem.

Ek volg hom verby kampies waar bokke  staan en voer vreet. Sommige staan sommer op hul  agterpote, min gepla oor wat om hul aangaan.    Ek probeer uitvind of Piet ‘n gebore Middelposser is, maar hy jaag so deur sy woorde dat ek net  beleef kan kopknik.

Voor een van die “chrech”kampies stop ons.  Dis nou glo een van Piet se troppe. Die klompie beweeg onseker na die verste krippe toe Piet die kamphekkie oopstoot.PIET 4

Ek: “Kan ek maar begin foto’s  neem?’’

Piet:  “Moet ek my hoed afhaal?”

Ek:  “Doen waarmee jy die gemaklikste voel Piet.” ”

Hy haal sy hoed af, kyk ernstig na my asof ons ID foto’s gaan neem.

Ek:  “Erm … Piet?  Kan jy dalk so bietjie smile asb”

Hy blik of bloos nie.  Doodernstig  staan hy vir my en staar.

Ek:  “Wys so bietjie jou tande man!”

Oe aarde.  Piet Olivier  lyk ongemaklik.  Hy trek sy bo-lip op en byt op sy tande. Dan neem ons maar ernstige foto’s!

PIET 1

Ek:  “Kan jy dalk voor die bokkies gaan staan, dan neem ons ‘n paar mooi foto’s van julle?”

Piet draai in die bokkies se rigtig,  stoot sy wit hoed skuins op sy kop.

Piet: “ Hoe moet ek staan? “

Ek:  “as jy jou lyf skuins draai kan ons die bokke mooi inkry.”

Piet: “so?”

Hy sak  sywaarts af grond se kant toe.PIET BY BOKKE 3EK:  “draai jou lyf sodat dat jy skuins staan Piet”PIET BY BOKKE 2Hy sak laer grond toe.  Die bokkies staan  ons tjoepstil en aanstaar.  Hoe meer ek  probeer verduidelik dat hy moet skuins draai, hoe meer stoot hy sy  boude uit!

PIET BY BABBA BOK 1En daar neem ek die mooiste foto’s van Piet!

PIET 3

Oppad uit die bokkamp stel Piet my aan ‘n familielid voor.   Hy’s stiller as Piet en kyk my peisend aan toe ek van hul saam  ‘n foto  wil neem.  Doodernstig staan die twee langs mekaar.  Ja wraggies daar kom die  familietrekke nou deur.  ” Kan julle twee dalk glimlag vir die foto asb”?   Hulle sal maar weer tande moet wys!

boeties saam

 

Na my ontmoeting met Middelpos se voorste bokwagters loer ek   by ‘n  paar hoenderhokke in.    Tot my verbasing het elke hok net ‘n paar hoendertjies in, nie dosyne soos ek verwag het nie!    Later die aand vertel Koos van der Westhuizen se seun Hannes my die pluimvee eintlik skouhoendertjies is.DIE HOENDERS INBehalwe vir die hoenders en paar eende spog Middelpos ook met ‘n windmaker pou wat die stofstraat patroleer.  Wel, dis nou as ‘n dwarrelwindtjie nie sy lang stert onderskep en dit straataf waai met hom agterna nie!  Sy verleenthied is  skaars verby of hy gaan sleep vlerk by ‘n vaal pouwyfie.  Eers sprei hy sy manjefieke pronkstert vir haar oop en draai daarna tydsaam in die rondte sodat sy  hom goed kan  deurkyk.pou pronk pouDis nie net onder die  poue waar die liefde blom nie.   Op die plaaswerf is  verskeie liefdesnessies  vir Boerboel paartjies.   Vir sowat 15 jaar bedryf Koos van der Westhuizen  baie suksesvol “Middelpos Boerboelle”  Al is die wyfies ‘n titseltjie kleiner, sien ek  hoekom hierdie ras by party huishoudings geliefd is.boerboelleMet die middagson wat  agter die  Karoo koppies begin inskuif,  stap  ons groepie vriende tussen  die plat bossies  na ‘n wit geboutjie  op ‘n bultjie.   Dit  lyk amper  soos ‘n piepklein Sutherland sterrewag.   Die geskiedenis van die korbeel geboutjie is vaag.   Die van der Westhuizen’s  reken dat dit  ‘n biskruit huisie kon wees wat al  oor 100 jaar oud is.  Wat ook al daar binne was, is goed  beskerm teen die elemente!biskruithuisie 2 biskruit huisie collage binne en buiteVan hier af, sien mens byna  die hele Middelpos.  Die “plaaswerf” en “dorp”-gedeelte behoort aan Koos.   Die woonbuurt is staatsgrond.    Dit was nie altyd so nie.  Na 1994,  (toe die grond waarop die woonbuurt is,  nog Koos sin was)  het basiese diensteverskaffing ‘n konstitusionele reg geraak.  Koos moes  bontstaan  om behuising en toiletgeriewe uit sy eie sak te verbeter.   Nadat hy begin noustrop trek,  het hy aansoek gedoen dat Middelpos as dorp verklaar word.  So sou die staat dan die grond en dienste kon oorneem.  Dis is afgekeur.  Later, het van der Westhuizen  ‘n klagskrif by die  Menseregtekommissie ingedien, omdat hy geglo het sy menseregte kom in gedrag.  En so het Middelpos dan op die ou einde twee “base” gekry.DORP VAN KORBEEL HUISIE AF‘n Skuins klipgooi van die biskruit huisie af,  le daar ‘n klein begrafplasie.  Die oudste grafsteen dateer uit 1862. Die jongste persoon wat daar begrawe is, was ‘n driejarige kleuter.  begrafplaas collage begrafplaas 7Oppad terug na die “onderdorp” , is dit nie net die bossies wat my kaal bene krap nie.  Iets skerps bly  deur my plakkiesole  steek.  Moet nooit kaalvoet hier loop niestap goverment dorp stap na goverment dorp 1 doringsSoos stout skoolkinders klim ons oor ‘n draadheining terwyl die son regmaak om te gaan  slaap.  Klein stofwolkies plof  vanaf die grond af  op terwyl vier knapies in die laaste sonstrale  sokker speel.   Bree borsies posseer hulle vir ‘n foto.  Daar’s iets in hul ongerepte kindwees wat my nog meer van Middelpos laat hou.sokkerseuns 1

sokkerseuns 3Hier’s nog foto’s van ons laatmiddag stappieonderdorp gemeenskapssaal laat middag stap dorp colage 2 laat middag stap dorp collage 1Terug by die hotel hang almal hongerig in die sitkamer rond, wagtend vir  sewe uur se  aandete.    En daar op ‘n doodgewonde Saterdagaand,  sit ons aan vir ‘n tuisgemaakte Sondagmiddagfeesmaal,  kompleet met soet pampoenkoekies en hoenderpastei!

Na ete gaan sit ons langbeen  voor die  boeppens tv’tjie en rugby kyk.    Gou verveel dit my en stap ek voordeur toe.sitkamer‘n  Wolk grys goggatjies maal onder die stoeplig en swerm na my rigting toe ek die voordeur oopstoot.    Instinktief klap ek  in die lug om die spulletjie van my af weg te hou.

Die stoeplig dans  tot op die drumpel van die sementstoep.  Dan klim dit op die donkerte se rug om verder die nag in geabba te raak.     ‘n Vreemde geluid sweef saam met die koel nagbriessie oor die plaaswerf.  Dalk is dit ‘n uil.  Dalk ‘n verliefde boerboel.   Katvoet  stap ek die donkerte in en gaan staan in die donker stofstraat.    Die nag is maanloos.  Amper sterloos.     In die verte  kekkellag ‘n vrou.  Boomtakke ritsel saggies bokant my kop.

Dan raak dit stil. So stil dat mens amper die bome kan hoor asemhaal.

Daar’s daai aardige geluid weer!   Bangbroek vlieg ek om en hol  terug hotel toe.   Hande swaaiende  en klappend in die lug om nog ‘n muggie aanval af te weer!

In die sitkamer is almal se oe nog vasgenael op die boepkas.  Ek gaan sit op die mat by Rooikop  se voete en blaai niks denkend deur die streekskoerantjie.  Skoolfoto’s, verlowings, ‘n bietjie gemeenskapsnuus en ‘n vreemde  afsterwe is aan die orde van die dag.

Ek sukkel om my oe oop te hou en gaan kruip in.   Die groot hotelkamer is netjies en sonder fieterjasies, soos wat dit op ‘n plaas hoort.  Ek sweef op die wit bed na droomland, waar nog motorfietsavonture op my wag.

“Ons beter ry.  Dit raak warm.”  Voor my staan die ander 5 se motorfietse by die petrolpomp, dorsig vir brandstof.     Die vreemde, wilde smaak van bokmelk  le nog vlak op my tong.  Uit pure nuuskierigeheid het ek tydens ontbyt ‘n klein bietjie  daarvan saam met my pap geeet.   Dalk het die graanvlokkies  die gras smaak versag, maar in  koffie kan mens  dit duidelik  proe!   bokmelkMet al die motorfietse vol brandstof  is dit tyd om te ry.      Ons verlaat die dorp net so ongesiens soos wat ons daar aangekom het.petrolpompeVir oulaas ry ons om die “verkeerssirkel”,  verby die hotel,  Thomlinson se graf en dan, dorp-uit.   In my tru-speeltjie raak  Middelpos se groenigheid al hoe dowwer  terwyl die sandvaal grondpad  voor ons begin oopvlek.

Gizmo (dit was my fiets se naam)  se bande rol oor die fyn gruispad,  verder-en-verder  weg van Middelpos.   Vir een  dag was ek ‘n reisiger wie op  Middelpos herberg gekry het.  Amper soos in die jaar toet!  Danksy Google, was dit alles behalwe vervelig.    Plekke soos Middelpos is oralste. Jy  moet net nuuskierig genoeg wees om te wil uitvind wat die hartklop van ‘n plek is.  As jy eendag kan, neem die stofpad  Middelpos toe, al is dit net om die lekkerste melktert te proe!

Dankie dat jy saamgelees het!

Sparkle

xxsondag oggend verrtrek.2 1 jpg

Doutrapper nota’s:

Koos sin:   Middelpos is een van die min Suid Afrikaanse dorpies wat privaat besit word.

Inwonders:  Ongeveer 300.  Tussen 40 en 50 mense werk vir Koos.

Ligging:  In die Roggerveld, tussen Calvinia en  Sutherland.

GPS:  S 31° 54′ 20.4″  E 20° 13′ 50″

Grootte van polisie patrolliegebied:  5050km2

Spogprodukte:   In 2013 het Middelpos se bokbotter en  Roggerveldkaas  SA Toekennigs ontvang.  Middelpos Bokmelkkaas  is  in meeste Checkers winkels te koop.   Middelpos se boerboelle is reg deur die land deel van  huisgesinne.

Lyfroom:  Pak dit in.  Sekere tye van die jaar is Middelpos se water bietjie brak en dan gaan jou vel op ‘n plooi trek na ‘n stort!  Moet egter nie skaam wees om daarvan te drink nie.  Blykbaar het hierdie water baie goed vir jou.

Melktert:  As jy gelukkig genoeg is om dit as nagereg te kry eet dit baie stadig  en stukkie- vir- stukkie.  Dis droom lekker!

Oppervlakte van Middelpos:  171 hektaar

Kerke: Daar is geen tradisionele  kerkgeboue op Middelpos nie.  Eensgesinde gelowiges kom wel by ander plekke bymekaar.   Daar is wel ‘n “gemeenskapssaal” langs die plaaswinkel waar  verskeie verrigtinge kan plaasvind.

Plaasskool:  Ongeveer 93/94 kinders van die omgewing.    Daar is ook ‘n koshuis beskikbaar vir die skoliere.

Uitgemis!:  Later het ek uitgevind dat daar tussen die ou poskantoor en Koos se huis ‘n kaasfabriek is!  Kyk uit daarvoor, aanvanklik gaan jy dink dis ‘n stoorkamer wat daar staan.

Poskantoor:  Vroer jare het Middelpos ‘n poskantoor gehad.  Vandag is daar ‘n posagenskap in die winkel beskikbaar.

Facebook:  Hou die  Middelpos facebook blad dop vir toekomstige veiligs en hul bo-baas basaar. https://www.facebook.com/groups/FriendsOfMiddelpos/?ref=br_tf

Landlyn: 027 341 25 07

Epos: mpos@hantam.co.za

Google Bronne:

http://karoospace.co.za/middelpos/

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2001/01/23/7/2.html

http://www.angloboerwar.com/books/35-reitz-commando/816-reitz-chapter-24-calmer-waters

Basaar: In September

Verblyfkoste:  R 400  per persoon.  Dit sluit ‘n bed, feesmaal aandete plus stewige ontbyd in. (onderhewig aan prysveranderige)

Koos van der Westhuizen:  Baas van die Middelpos

Hannes van der Westhuizen:  Middelpos se kleinbaas.   Jy mag hom dalk as Middelpos se kroegman, kelner of petroljoggie ontmoed.

Oudtydse verpakking:   In Die Winkel  verkoop glo lekkergoed  wat nog op die oudtydse manier in papierkeels/ tregters toegedraai word.

Tankwa Nasionale Park:   Ry hierdeur  as jy betower wil word deur  Ganaga pas se asemrowende uitsigte.

Motorfietsvriendelik:  Verseker!  Daar’s mooi roetes.  VIP parkering. Brandstof. Kroeg. Geskiedenis.  Bobaas boerekos.  Jy sal dalk langer as ‘n dag daar wil bly!

Doutrapper  Roete:  Ceres – Middelpos – Sutherland – CeresKAART ribbet

(Let daarop dat die pad in die Tankwa Nasionale Park plek-plek kan sleg raak.)

Meer oor Ganagga Pas

Ganaggapas  is in die  1870’s deur Tomas Bain  ontwerp nadat die goewerment  dit as ‘n werkskeppings geleentheid gesien het gedurende  ‘n  taai ekonomiese tyd.  (“as part of public works”) ‘n Mr Hesketh het uit sy eie sak  hierdie pas gebou.   Nadat die pas voltooi is,  was die staat se geldtrommels  leeg en is die plaas  Klipbanksrivier aan Hesketh as vergoeding gegee.

Ganaga pas is ‘n 7 kilometer enkelbaan wat met ‘n 458 meter hoe klim teen die berg uitkronkel.    Op die kruin van die pas le die allermooiste uitsig van die Tankwa Nasionale Park.     Dalk is dit hier waar die Karoo ‘n knoop in jou hart maak.   Halfpad teen die pas op is daar ‘n Botterboom woud. Op ‘n mooi dag sal jy dalk ook klipspringerties en swart arende hier te siene kry.

‘n Paar kilometer na die pas kom Ganagga Lodge op jou linkerkant te voorskyn.   Die hoofgebou is ‘n mensgsel van oud en nuut, met ‘n 112 jarige waenhuismuur wat  deel is  van die restaurant area.    Hierdie grond behoort al vir vier geslagte aan dieselfde familie.

Van hier af loop die pad reguit na Middlepos toe!

 

Advertisements

12 thoughts on “Bokmelk Boerboelle En ‘n Boere Oorlog: Middelpos

  1. Ag dankie, dit was nou ‘n bobaas “mini-vakansietjie” wat ek meegemaak het. ‘n Kleine ou dorpie met ‘n grootse verlede en geskiedenis – dit wys jou net wat lê om elke hoek en draai in ons land en wag vir mense wat dit kan kom waardeer. Mooi fotos wat elkeen hulle eie verhaal vertel: die boodskap op die graftsteen “Gods weg is volmaak”. Dankie.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s