Foto Storie 2

Raai wat?! Ek het my eie naam gekry!

Nou die dag loop ons skaaptroppie mos oudergewoonte in die bossieveld en takkies vreet toe ek ‘n tweebeen sien wie met so wye draai om ons na die windpomp  loop. Later, toe die meisiemens terugstap in ons rigting besluit ek om haar voor te keer.

Net soos wat Ma-skaap in haar spore vries as sy jakkals ruik, nèt so het die meisiemens in haar spore gestop toe sy my sien nader kom. (dalk het sy gedink ek byt) Sy het my aangegaap soos ‘n tartentaal met ‘n somersmiddag dors terwyl ek treetjie vir treetjie nader stap.

En toe gebeur dit … Halllllou Gô – geous!”skril dit deur die lug. Sy vryf liggies my kop voordat haar vingers deur my woljas wurm sodat sy my nek kan masseer.   Dan hurk sy en begin  klitse en dorings uit my woljakkie haal. Sy sê ek is gô-geous” en die oulikste rammetjie ever.

Agter my  blêr Langstert dat dit slaaptyd vir die lammers is. Kop omhoog trippel ek terug trop toe. Nou is ek ook iemand! Nou het ek ook ‘n naam! My naam is Halllllllou Gô- geous!lamram mix colHallllllou Gô-geous, toekomstige stoetram van Sederberg Oasis

Advertisements

5 thoughts on “Foto Storie 2

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s