Oe aarde! Hierdie verdroogte plantjie wat ek in die Sederberge opgespoor het lyk dan so bietjie na die fliek, Little House of Horrors se bloeddorstige monsterplant, Audrey 2!
Is hierdie dalk ‘n nasaat van Audrey 2? 😉
Die fliek wat sy eerste verskyning alreeds in 1960 gemaak het se storie handel oor die bleeksiel Seymour Krelborn wie smoorverlief op sy mede blomwinkel assistent, Audrey is. Gedurende ‘n sonsverduistering koop Seymour ‘n einaardige plantjie wat hy na die mooie Audrey vernoem. Die plantjie “Audrey 2” floreer egter nie op water en kompos nie maar op bloed! Kort voor lank voer Symour, Audrey se kêrel, Orin stuk vir stuk aan die grilplant.
Ek wonder of ek die einde van die storie moet vertel? Kan jy die fliek onthou? Dalk vervris hierdie insetsel van die 1986 weergawe fliek jou geheu!
Wow – dit is in elk geval ‘n pragtige foto! Hou van die herfskleure. Ek weet van die fliek, maar het nie self gekyk. Bang vir horrors.
As kind onthou ek dat daardie verdroogte plante lekker kan steek!! Jy moet dit versigtig hanteer.
LikeLiked by 1 person
Spokie, toe die fliek uitgekom het wou ek dit nie kyk want want daar was ‘n gesingery in dit. Ek het nog nie kans gekry op die hele fliek op youtube te kyk nie, maar die bietjies wat ek gesien het is eintlik heel vermaaklik! Jy is reg oor daardie verdroogte plant. Ek het van daai stekels uit “haaaalou gorgeous se wolle uitgehaal. Dit klou nogals vas!
Ek is bly jy kan die mooi in die plantjie sien, dit was maar klien en ongeveer die hoogte van ‘n teelepel
LikeLiked by 1 person
Ek het die rolprent gesien maar dit was nie die 1960 weergawe nie.
Van goeie oues gepraat wie onthou die spaghetti “westerns” van Bud Spencer en Terence Hill?
*
Okkie
LikeLiked by 1 person
Uit nuuskierigheid het ek so bietjie van die 1960 weergawe op youtube gaan kyk. Daardie Seymour het nogals sy rol goed vertolk. Ek onthou die naam “The Good The Bad and the Ugly, maar nie die fliek nie. Die oudste fliek uit my kinderjare wat ek kan onthou was sekerlik Gone With the Wind. Dit was darm maar baaaaie lank!
LikeLike
Het nie die fliek gesien nie,maar jou plantjie lyk nogal of hy happe uit mens kan skeur!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die inloer Bytjie! As jy wil kan jy op die youtube link hieronder kyk as jy ‘n idee van die fliek wil kry. Dis eitlik baie oulik! Ek sal nogals daarvan hou om ‘n vlieevangerplant te he. Iets wat ‘n vlieg kan verorber sal altyd welkom in my huis wees!
LikeLiked by 1 person
Little Shop is een van my all time Top 10 flieks! Ek het my alie af gesoek, maar ek het dit nou op dvd darem!
LikeLiked by 1 person
Ek is verbaas oor hoe oulik die fliek eintlik is. Dis jammer dat die era van daardie tipe flieks-maak verby is. Vandag se jong klomp mis nogals uit op flieks soos Sister Act.
Dankie vir die inloer, hoop dit gaan goed met jou.
LikeLike
Een van my gunstelige daardie tyd was Never Ending Story
LikeLike
Wow dis ‘n besonderse foto
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Tina. xx
LikeLiked by 1 person
Ja ek het die Audrey-fliek oor en oor gesien. Ek het drie kinders en het elke horror gesien wat ooit gemaak is. Terence Hill 😀 Daai blou oë! Ek onthou nie veel van die storie nie, maar die oë was onvergeetlik.
LikeLiked by 1 person
So jou bed was somtyds vol lyfies wie nie in hulle eie bed wou slaap nie? Ek onthou vir Jaws! Ek was so bang dat ek gedink het daai haai is onder my bed.
Ek moes nou eers gaan kyk het hoe lyk Terence Hill. Sjoe Hester! Wat ‘n aantreklike man!
LikeLiked by 1 person
Pragtige foto Sparkle…. maar die plant lyk sowaar asof hy van ander planeet afkom. Ek ken nie daardie fliek nie…. wil ook nie, want ek weet ek sal vir nagte daarna nagmerries kry. Vertel gou sy einde!!!
LikeLiked by 1 person
Net Ek sal nou beter as ek kan se, maar soos ek verstaan het Audrey 2 die plant vir Adrey die meisie probeer eet en sy einde was om gelektrifiseer te word. Die fliek eindig met ‘n verliefde Seymour en Adrey wie in hulle nuwe huisie intrek. Net voordat die “credits” op die skerm begin rol wys die kamera ‘n klein plante wat net soos Audrey 2 lyk, wat tussen die ander plante wegkruip.
LikeLiked by 1 person