Ses Dae Se Eerstes Van Alles!

“Ek sê jou wat, kom ons gaan Baviaans toe,” kom dit oor ‘n Saterdagmiddag koffie van Nismark se kant af.   Ek voel hoe ek begin frons.  “Baviaans toe?”  Dit val geensins in by my kop se legkaartplanne nie.  “Wat van ‘n “pre fracking” toer voordat die Karoo opneuk word,” stel ek voor.  Nismark skud sy kop. “Jy gaan heeldag sit en koud kry op die bike.”  Hy het ‘n punt beet.  Met ons Verneukpan toer het ons van begin tot einde van die koue gesnuif.  “Ou-kei”, kom dit halfhartig van my kant af. “Beplan jy ‘n roete, dan sal ek oplees watter geskiedkundige plekke ons langs die pad mag kry.”

‘n Paar dae later sink die gedagte in dat ‘n ses dag toer om die draai lê.  Ons gaan na Die Hell en Baviaans toe!wegtrekVrydag oggend

12 Junie

10:30

Iewers op die N1 tussen Bellville en Paarl oppad na Prins Albert

Wanneer gaan die mis dan nou ophou?!   Vies vee ek weer waterdruppeltjies van my goggles af.  As dit so aanhou gaan my wysvinger in ‘n ruitveër verander.   Deur skrefies oë volg ek Nismark in die mis terwyl ons af-en-toe bane verwissel om verby van die stadiger verkeer te kom. Net voor die Du Toitskloof Pas afrit, begin die wintersonnetjie se flou strale deur die mis breek.  Uiteindelik!

Uitgelate begin ons die bergpas klim.  Al ry ek baie stadiger as Nismark deur draaie is ek darm nie te ver agter hom op die reguit stukke  nie.  Ek konsentreer so op die pad dat ek amper nie eers sien toe Nismark by een van die pas se uitkykpunte indraai nie.  Eers wil-wil ek daaroor raas toe ek langs hom tot stiltand kom, maar toe ek die uitsig sien sluk ek my woorde.  Onder ons is die vallei toegewikkel in ‘n spierwit miswolk.  So dùs hoekom ons so lank in die digte mis gery het!misOns vat weer pad.  Ry verby Worcester.  Oor De Doorns se klippierige Hex Pas wat pas geteer lyk.  Dan vertoef ons eers by Touwsrivier se vulstasie vir brandstof en ‘n stomende koppie koffie voordat ons dieper die Karoo inry.

Die lang reguit N1 raak gou vervelig.  Geen wonder ‘n gedeelte hiervan tussen Laingsburg en Beaufort-Wes word “die pad van die dood” genoem nie.  As mens nie so bietjie rondkyk nie, sal die eentonige teerpad jou maklik aan die slaap sus. Met sitvlakke wat lam gesit is, draai ons by Laingsburg se vulstasie in.  Na ‘n vinnige bene rek  en ‘n toevallige ontmoeting met ‘n mede Watsapp-groep geselser, (Hallo Allen!)  kry ons weer koers op die N1.  Uiteindelik verskyn Prins Albert Weg se bordtjie in ons sig.  Na ‘n vinnige blaaskans om weer sirkulasie in ons agterstewe te kry klim ons met nuwe lewe op ons fietse.pa wegNog net 44 kilometer, dan is dit  reguit museum toe om fossiele te gaan kyk.  Guitig jaag ek die laaste ent Prins Albert toe.  Google het nogals ‘n paar  interessante dinge van hierdie dorpie  opgelewer.  Ek wil so veel as moontlik daarvan sien!pa bergWord Vervolg: ‘n Klein Troos

Advertisements

10 thoughts on “Ses Dae Se Eerstes Van Alles!

  1. Ek sal graag hoor hoe jy die hel ondervind het. Laat my net hier sê in ‘n kombi met ses kinders in, en klippe wat heeltyd die afgrond afrol soos die kombi net-net die draai maak…. was die hel presies net dit…. die hel.
    Gewonder wat van jou “sparkle” geword het…. nou hoor ek jy het langpad gevat.

    Liked by 1 person

    • Hallo Kameel! Ek ry met ‘n plesier daar af met ‘n motorfiets, in ‘n voertuig sal ek te skrikkerig wees. Onder in die vallei het ons nogals baie modder teegekom. Daar was dit op ‘n stadium net snot en trane gewees! Sal graag eendag jou ervaring wil hoor. Klink “epic”!

      Like

      • Hello Sparkle 🙂 Voordat ek saam met Toorts geblog het, het ek my ondervinding van die hel as kommentaar beskryf. Sy het my gevra of sy dit op die blog kan sit….. moet net gaan kyk waar dit is…. dan gee ek jou die skakel. 🙂

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s