‘n Sagte Troos

“Ma’ ek het gister dan nog gebel en gesê ons kom vandag!”  Met opgehoude asem spits ek my ore terwyl die deurklokkie se laaste trieng in die lug weg fladder.  Die “deurwag” se dowwe voetstappe behoort nou enige oomblik by die gang afgestap te kom.

Wanneer kom sy dan?

Wanhopig draai ek aan die deurknop.  As dit tog net op ‘n wonderbaarlike manier vanself kon oopmaak!  Alles van Prins Albert lê agter hierdie deur.  Van Swartbergpas se geskiedenis en die 1890’s  goudstormloop tot die storie agter die eeu-oue watermeul.  Boonop stook die museum selfs glo Witblits, ‘n proses wat ek graag sal wil sien.

Niks kan teleurstelling beskryf soos op daardie oomblik wanneer jy dit ervaar nie.

My oog vang die “emergency number” wat langs die besoektye aangebring staan.  Dalk is die persoon wat vir ons moet oopsluit gou winkel toe of iets, laat ek gou probeer.

My oproep word beantwoord met stempos.  “Good day Mam” begin ek met my beste Engels. “ Yesterday I phoned someone at the museum to check if you would be open today and make sure that you don’t close early on Friday’s.  Unfortunately we found the museum closed.   Is there a possibility that someone near the vicinity can open up for us please?  We just want to have a quick glance ……..urm ….okey …. dankie …. baai”

Swaarmoedig druk ek vir oulaas die deurklokkie.  Hier gaan niks van kom nie.   “Kom ons loop om die gebou, dalk sien ons iets” hoor ek Nismark langs my.  Hanglip volg ek hom om die hoek,  loer hoopvol deur ‘n venster na iets wat soos ‘n oudtydse slaapkamer lyk.   Agter die museum is daar ‘n opleidingssentrum van een of ander aard en ‘n medisynetuintjie waarvan die inligtingsbordtjies se bewoording al lankal weggewas is.  “Dis nou jammer” blêr ek diep beswaard van my kant af.

opleidingsentrum

medisyne tuin

Met die sirkel roete amper voltooi, stop ons by ‘n kliptuin.  Nou wat die klippe spesiaal maak, weet ek nie.  Een of twee het darm ‘n interessante vorm.  Nuuskierig stap ek tussen die klippe in.   My maggies!  Van die klippe het dan fossiel-goeters op!

klip 3

klip 1

Eers lyk die een soos ‘n visgraat wat deur ‘n grotman op ‘n klip vergeet is. Nadat dit van alle kante af bekyk is, sien ek dat dit moontlik ‘n takkie of plant kon wees.  Die tweede fossiel bly nog steeds ‘n raaisel.  Is dit dalk boombas?

fossiel 3

fossiel

Die hanglippie begin weer glimlag.   “Nismark!  Kom kyk gou hierso!” Nou raak die Kaap weer Hollands.

Met geen persoon in sig wie die museum kan oopsluit nie, begin ons straat-af loop.  Ten minste is die twee fossiel klippe ‘n sagte troos op die dinge waarop ons uitgemis het.  Gelukkig is die dag nog nie verby nie.  Ons het ‘n spooktoer om na uit te sien!

Word Vervolg …

DouTrapper Notas

Hier is ‘n skakel na die Fransie Pienaar Museum. Gaan loer so bietjie, dalk kry jy ook lus om dit te gaan besoek! http://www.princealbert.org.za/what-to-do/museum/

Advertisements

14 thoughts on “‘n Sagte Troos

    • Nou dat jy dit noem, ek het nie veel BBE opgelet in Prins Albert nie. Die dame wat later my stempos beantwoord het het geklink soos ‘n properse “high tea” engelse dame en ek het die idee gekry sy is aan die stuur van sake. Ek wil graag eendag die res van die area soos Klaarstroom wil besoek, dalk kan ek dan by ‘n oop museum gaan inloer! xx

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s