Geluk Met Jou Verjaarsdag … Hier’s ‘n Vullisdrom


photovisi-download

“Mita? Sal jy ‘n asblik vir iemand se verjaarsdag gee?”  Aaaai.  Mita hoor weer niks.  As sy nie stadiger met daai  snoeiskêr nie, gaan net bonsai se wortels oorbly. “Wie steel water?” kom dit ingedagte van die klein maer vroutjie.

“Ek wil weet of jy vir iemand ‘n vullisdrom present sal gee.” Mita loer skepties oor haar brilraam.   “’n Vuilgoeddrom?  Santie?   Dis dan amper soos om vir iemand ‘n toiletborsel as geskenk te gee.” Versigtig  sit Mita die skêrtjie terug in sy sakkie voordat sy oor haar koffie blaas.  Santie mag dalk die kat aan die stert beet hê, maar hièr is alles moontlik.

Met gekruiste arms  bo-op die tafel leun Santie nader aan Mita.  “John McKenna gaan glo reël dat Prins Albert vuilgoeddromme vir sy 250’ste herdinkingsjaar kry.”

Mita staar Santie met bolwange aan voordat sy haar koffie afsluk. “Huh!”

Oudergewoonte kyk Santie eers rond voordat sy in ‘n laer stemtoon voortgaan.  “Hy het van ons kunstenaars  en skoolkinders gevra om op ou oliedromme prente te skilder wat van die dorp se geskiedenis uitbeeld.  Soos dit vir my klink gaan hulle die opgedolliede asblikke dan staanmaak by plekke waar die drom se storie van toepassing is. Clive Heynes is blykbaar besig om ‘n embleem te ontwerp wat hy aan die bokant van elke drom wil verf. ”

“So mens sal in hierdie kunsdromme nog steeds pastei papiere kan gooi Santie?  Anders gaan jou man die bewyse van sy dieet kroekery in sy broeksakke moet druk.”

“Mita!?  Wat praat jy nou?”

‘n Paar maande later woon die twee boesemvriendine op 3 Desember 2011 die openingsdag van die  “Herdenkings Asblik Projek” by.  Karel, Santie se man is ook saam;  bewapen met twee pasteipapiere om die asdromme mee in te wei.     😉

Al het ons tydens ons vlugtige besoek in Prins Albert nie vir ‘n Mita, Santie of Karel ontmoed het nie, het ons wel van die kunsasblikke te siene gekry.

prins col 1


prins col 4prins col 2prins col 3

prins col 5prins col 7

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

As jy ooit in Prins Albert is, trek jou stapskoene aan en gaan geniet hierdie gratis buitelug-kunsuitstalling. Nog beter, as jy kinders het, hou met hulle ‘n “dromskattejag” en laat hul fotograaf speel met die “ontdekking” van elke asdrom wat julle teëkom.   Maar wees op jou pasoppens, want dit kan selfs die bedeeste bleeksiel op hol jaag!

As jy nog van Prins Albert se kunstige asblikke wil besigtig kliek http://www.princealbert.org.za/what-to-do/arts-crafts/dustbins/

Advertisements

14 thoughts on “Geluk Met Jou Verjaarsdag … Hier’s ‘n Vullisdrom

  1. In ons wilde studente dae wou ons op ‘n twee groot spaar blikke hê. Daar was net een genade. Ons moes gaan asblikke (die ou groot plastiek sort) gaan steel. Ons het hulle natuurlik mooi skoon gemaak, geverf en gedoop. Ek was jare later weer in die koskuis, toe dwaal hulle nog steeds rond. Hulle is egter herontplooi as asblikke.

    Liked by 1 person

  2. Ons het ‘n drom buite waarin die gras gegooi moet word. Wonder wie sal vir ons so ‘n mooi kunswerk daarop skilder? Dankie vir die deel 🙂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s