Waterdiewe en Middernagwaterskofte In Prins Albert

water 2 4

Gedurende die afgelope 253 jaar het Prins Albert se leiwaterstroompie het al baie dinge gesien.  Van waterdiewe se skelmstreke tot dorpenaars wie gaap-gaap in hul nagkabaai’s aan sluishekkies woel.  Dan praat ons nie eers van spense wat trommeldik gepak  is met vars vrugte en groente nie!

In “The Water Wheel November/Decemer203” nuusbrief deel Sas de Kock die staaltjie van twee boere wie in die 1960’s haaks was omdat hul mekaar daarvan verdink het dat die een inbraak maak op die ander se waterleibeurt.  Die groot rede hiervoor is dat die manne se horlosietye glo verskil het.  Van toe af moes  dorpenaars  leiwaterbeurte volgens die kerkhorlosie se tyd eerbieding.

Vir sommige is die versoeking groot om ekstra water uit die leivoorstelsel te gaps.  Onnutsige dorpenaars het al by verskeie geleenthede inbreuk op ander se leiwaterbeurte gemaak deur ‘n klippie onder hul sluishekkie in te skuif.  Dis nogals ‘n slinkse manier om ekstra water te laat deursyfer  na jou eiendom! Nog iets wat van die  inwonders se wange kan laat bol is as ‘n buurman versuim om sy leibeurt te neem, want dit kan  verspoelings en skade  aan ‘n buurman se eindom veroorsaak wie verder stroomaf woon.

Die oudste storie wat Prins Albert se  leiwaterstroompie kan vertel is sekerlik die een van  Sachareus de Beer.  Hy het in 1762 sak en pak vanaf Stellenbosch hierheen getrek  om ‘n boerdery op ‘n leenplaas te begin.  Wat dalk eers  soos ‘n dorre  Karooplaas  gelyk het, het Sachareus in ‘n lushof van landerye omskep danksy ‘n stroompie water wat uit die Swartberge vloei.  Daardie eindste stroompie vloei vandag nog!   (Volgens Prins Albert se plaaslike voetslaantoergids Ailsa, het die leiwaterstroompie slegs een maal in die dorp se geskiedenis tydens die sestiger jare opgedroog)

Daar is verskeie weergawes van hoe Sachareurs se Kweekvallei plaas, (Queekvalleiy) geblom het tot die mooie Prins Albert.  Sommige sê die de Beer kinders het getrou en huisgesinne op die plaas begin. Ander bespiegel  Kweekvallei het die rol van halfwegstasie tussen Kaapstad en Graaf Reinet gespeel.   Nadat Zacharias se seun Sameul die leisels by sy pa oorneem het in 1843, is die plaas in plotte verdeel.  Van die NG Kerkie se gemeentelede (daar was een op die landgoed hoor!) wou die dorpie in wording Albertsburg doop.  Dit is egter in 1845 amptelik na Koningin Victoria se man, Prins Albert vernoem.

Vandag is dit die “Water Users Association” se werk om Prins Albert se leivore te onderhou sodat dorpenaars die meeste voordeel kan trek uit die weeklike leivoortye wat deur die  musipaliteit aan inwoners toegestaan word.  (Net vir ingeval jy wonder; erwe se groottes bepaal hoe lank elke huishouding se leibeurt mag duur.)

Sou Prins Albert dieselfde bekoring gehad het as daar geen leivore was? Verseker nie!  Om bergwater uitbundig in waterkanaaltjies te hoor kibbel terwyl jy deur die dorp se strate stap, verleen ‘n tydlose  atmosfeer aan diè dorpie.

Deur die jare het Prins Albert se oorspronklike waterbron vooruitgang  soos die bou van die Swarbergpas gesien. Dit is ook in die verte die Anglo Boereoorlog se geweerskote gehoor.   Al is die lewe taai bly hierdie Swartbergse Fonteinstroompie moedig voortvloei.   Vir my is dit ‘n tydlose  simbool dat daar altyd hoop sal wees.

Dankie dat jy hier kom inloer het!

Volgende keer vertel ek van ons spooktoer.

Hou Die Blink Kant Bo!

ysterhek 2

Een Van Prins Albert Se Sluishekkies

water

‘n Leiwatervoor

dam 2

‘n Dam Vol Leiwater Op ‘n Dorpenaar Se Werf

plaas

Vroegoggend Besproeing

Advertisements

11 thoughts on “Waterdiewe en Middernagwaterskofte In Prins Albert

    • Wat praat jy nou Toortsie! De Rust is darm maar ‘n pragtige plekkie. Dit moet nogals lekker wees om te sien hoe mens se dam vol leiwater loop. As ek ooit ‘n plekkie in die platteland kan koop sal die leiwaterdorpe verseker voorkeer kry.

      Liked by 1 person

  1. Lekker. Ons het nie die voorreg van water gehad nie – Namakwaland was te droog. Ons het behoorlik in die strate gedans as daar net ‘n paar druppels reën geval het.

    Liked by 2 people

      • Ek sou nou nie sê hulle is almal altyd ewe vriendelik nie 😀 hehe, maar hulle is “geniune” en as jy eers hulle vertroue gewen het, leef jy lekker saam. My pa het vir die destydse O’kiep Copper Company – OCC – gewerk. Ek het in Springbok skoolgegaan en daar gematrikuleer.

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s