Eerste Op ‘n Ongelukstoneel

1. DTN intro

Enige mens word uit sy gemaksone geskud as hy die eerste persoon op ‘n ongelukstoneel is. Om te verhoed dat paniek jou oorrompel haal ‘n paar keer diep asem terwyl jy die situasie voor jou opsom. Om onseker en angstig rond te skarrel op die ongelukstoneel mag sake net vererger.  As jy koelkop en kalm optree sal omstanders maklik jou leiding  aanvaar.  Nadat jy jou voertuig op ‘n veilig plek parkeer het, vra omstanders (indien daar is) om jou te help met die volgende:

 

waarsku mense

Waarsku aankomende verkeer in beide rigtings dat hulle ‘n ongelukstoneel nader. Indien moontlik lei verkeer weg van die toneel.

 

 

 

skakel egnition af. mix

Skakel enige lopende voertuig of motorfiets af wat in die ongeluk betrokke is. Lopende enjins mag vonke veroorsaak wat lekkende brandstof kan laat vlamvat

 

nosmoking

 

Vra rokers wie op die ongelukstoneel rook om hul sigarette dood te druk of om liewers op ‘n veilige afstand weg van vlambare vloeistowwe af te staan.

 

 

verward mix

Mense  wie verward voorkom is waarskynlik diè wie betrokke was in die ongeluk. Omdat verwardheid ‘n teken van harsingskudde is, sal dit beste vir die persoon wees as hy op die grond kan gaan lê.

 

 

 

3. DNT COLLAGE PRENT volle positieweAl is iemand wie in die ongeluk betrokke was, by sy volle positiewe en kan hy alles tot in die fynste besonderhde onthou, word daar voorgestel dat hy ook gaan lê. Adrenalienvlakke is op  hierdie stadium nog  hoog en mag veroorsaak dat die persoon nie dadelik bewus mag wees  van nek-en-spinale beserings nie

 

mag en mening mix 2Sommige motorfietsryers sal, ten spyte van hoe ernstig hulle beserings is, met mag en mening by ysterperde wil uitkom om te kyk of dit “okey” is. Dìt kan gevaarlik wees en beserings  vererger.  Ontmoedig dit.

 

 

jy was in n ongeluk mixDit kan help as jy aan die beseerde sê:  “Hallo ek is Jimboy. Jy was in ‘n motorfietsongeluk. Dis belangrik dat jy so min as moontlik beweeg. ‘n Ambulans is oppad, jou bike lyk fine.”

 

 

le baie stilAs ‘n beseerde bewusteloos is, raak saggies aan hom om te kyk of hy sy bewussyn herwin. Kyk ook of hy op jou stem reageer. Dis belangrik dat jy vir die beseerde sal sê dat hy in ‘n motorfietsongeluk was en dat hy so stil as moontlik moet lê terwyl die ambulans oppad is.  (Onthou om versigtig te wees wat jy in sy nabyheid sê, hy  kan jou nog steeds hoor!)

 

voorpeg mixIs die motorfiets se passiersvoetrusstukke afgeslaan?  Indien wel, mag dit beteken dat daar moontlik ‘n passasier saamgery het wie van die motorfiets afgeslinger  is.  Hou dus jou oë oop vir iemand wie langs die skouer van die pad op die grond of veld lê.

 

 

 

Skakel So Gou As Moontlik: 

10177 – Ambulans Wes Kaap                                                                                                                   084124 – ER24                                                                                                                                              082911 – Netcare 911

Praat stadig en duidelik met die operateur.  Sê:                                                                                       * Jy’t ‘n ambulans nodig                                                                                                                               Die hoeveelheid mense wie in die ongeluk betrokke is.                                                                         Hoeveel mense ernstig beseer of bewusteloos is.  (Iemand wie kristies beseer is sal ‘n hele              ambulans vereis.  As daar dus net een ambulans opdaag en daar 2 kritiese pasiente is wie elk ‘n      ambulans benodig, gaan dit ‘n probleem veroorsaak. Die operateur sal ook wil  weet of hulle            gevorderde  paramedici moet stuur.  Dis  mediese  personeel wie oor vinniger noodmotors              beskik asook middels soos  morfien.                                                                                                       Sê waar die ongelukstoneel geleë is.  Jou slimfoon  se “Maps” / “My Locations” “You are at”              funksie, sal goed hier te pas kom.                                                                                                           Gee jou selfoonnommer                                                                                                                           Vra of jy mag aflui, moenie die oproep beeïndig nie!

3. DNT COLLAGE PRENT waarskuwing 6

Die Ergste Eerste:  Wat As Die Beseerde Nie Asem Haal Nie?    

As die persoon nie asem haal nie beteken dit hy  dood is;  of hy sal binne die volgende 4 minute wees.  Meeste paramedici stel hier die“life over limb”opsie voor.  Dit beteken dat die persoon dalk ‘n parapleeg mag word omdat sy valhelm onder andere gaan verwyder word, maar hy sal sy lewe behou.  Noodhulpklasse en opleiding word sterk aanbeveel om die volgede korrek en veilig toe te pas.

Twee persone sal nodig wees om hierdie metode veilig toe te pas:

VALHELM AFHAAL 1A

valhelm bandtjei 1

valhelm hand posie 1

valhelm afhaal 3 stappe 1

Persoon 2: Sit jy net doodstil in jou  posisie  terwyl die valhelm afgehaal word!

valhaml afhaal ore bedek

valhelm hou in posisie vir nekstut

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

n Leatte Brace kan as ‘n moontlike nekstuk gebruik word, afhangende van die beseerde se skouerhoogte van die grond af, ens.  Hier is ‘n manier om ‘n Leatte Brace veilig af te haal.

Persoon 1:

Maak die twee sykant klippe van die Leatte Brace los en verwyder die voorste gedeelte.

leatte 2

Persoon 2:

Terwyl die eerste persoon die knippe losmaak en die voorste gedeelte verwyder, hou jy jou hande nog steeds in dieselfde posie as toe die valhelm net verwyder is.

valhelm hou in posisie vir nekstut

Persoon 1:

Nadat die voorste gedeelte van die Leatte brace verwyder is, kan jy die agterste gedeelte nou  verwyder.  Onthou dat die valhelm op dieselfde hoogte moet bly as wat dit is.   Die voorste gedeelte van die Leatte brace kan nou gebruik word as ‘n nekstuk ( afhangende van die persoon se skouergroote ens van die grond af) In hierdie voorbeeld  het die Leatte Brace perfek onder die “beseerde” se kop ingegly en kon sy kop glad nie beweeg nie.

leatte as nekstut

Begin KPR (“CPR”) toe te pas. Dit bestaan uit 30 borskompressies gevolg deur  2 asemteue wat jy in die beseerde se mond inblaas.  Om te verhoed dat die beseerde se kop enigsins beweeg moet dit nog steeds so stabiel en stil as moontlik gehou word. Wat voorgestel word is dat  jou elmboë op die grond rus terwyl jou hande aan weerskante van die beseerde se kop is terwyl KPR deur iemand anders op die beseerde toegepas word.   Noodhulpklasse en opleiding word sterk aanbeveel sodat KPR korrek toegepas kan word.

cpr collage

As jy nie in die pasient se mond wil blaas sonder ‘n mondstuk nie a.g.v. bloed ens. doen borskompressies teen ‘n ‘n tempo van 100 kompressies per minuut.  Kompressies moet ongeveer in die middel van die borsbeen toegepas word.  Hou daarmee vol  totdat die persoon op sy eie begin asemhaal of tot wanneer hulp opdaag

Indien die beseerde op sy eie asemhaal is KPR nie nodig nie.  Jy kan dan die volgende doen:

* Maak die valhelm se kyksgleufskerm versigtig oop deur die valhelm  vas te hou in sy huidige              posisie sodat  dit nie beweeg nie.  Dit sal beter lugvloei aan die beseerde verskaf.                            * As jy enige braaksel, bloed of gebreekte tande merk, vee dit weg met  jou vingers weg sodat dit       weg bly van die lugweë af.  (Dis belangrik dat die beseerde se lugweë oop bly anders mag hy           dalk versmoor of verstik.)                                                                                                                      * Die volgende waarvoor jy moet uitkyk is skok.  Dit kan lewensgevaarlik wees as dit gepaard gaan     met  bloed-en-vloeistof verlies.

Tekens dat iemand  in skok is:

skok vraeOmvermoë om drie maklike vrae te beantwoord. (Wat is jou naam? Watter dag is dit?  Waar is jy?)  

 

skok koel klam vel’n Bleek, koel, klam vel

 

 

pols voelJy kan die persoon se pols slegs in sy nek voel, nie by sy gewrig.

 

 

vinger druk As jy op die persoon se vingernael druk sodat dit wit raak neem dit langer as twee sekondes vir die vel om weer na sy normale kleur terug te keer.  Hierdie kan ook daarop wys dat ‘n arm gebreek is en dat daar nie voldoende bloedvloei by die hand kan uitkom nie.

 

Wat jy kan doen vir skok:     

skokhulp moedig asem aan Stel die beseerde gerus terwyl jy hom aanmoedig om op sy  asemhaling te konsentreer.

 

 

 

skokhulp losmaakMaak klere wat ongemaklik lyk  versigtig los. Nog beter, as jy kan sny dit sonder om onnodige beweging te veroorsaak.

 

 

bandage 2Stop bloeding so gou as moontlik.

 

 

skokhulp warmHou die persoon warm deur ‘n baadtjie of iets anders oor hom te gooi

 

 

Hou die volgende in gedagte as jy ‘n beseerde help wie in skok is: 

fermur mix

Omdat 80% van motorfietsryers tydens ‘n ongeluk oor hul fiets se stuurstang geslinger word, is fermur (die bobeen) beserings baie algemeen.  ‘n Persoon kan homself in ‘n kort tydtjie doodbloei as die bobeen se hoofaar afgesny word.  Pas druk verkieslik bokant die wond toe waar  bloed uitsypel.   Jy kan druk ook direk op die wond toepas.

 

Head-bandage mixMoenie druk toepas op kopsnywonde nie. Jy mag dalk onwetend ‘n stukkie been in die brein  infosseer as die skedel ‘n  fraktuur opgedoen het. Die stop van bloed of serebrale spinale vloeistowwe kan ook lei tot gevaarlike drukking op die brein. Snymerke kan egter liggies verbind word.

 

broken mix‘n Gebreekte ledemaat kan bloedsomloop beperk. Dit beteken dat selle na ‘n ruk sal doodgaan wat die gevaar skep dat die beseerde sy ledemaat kan verloor.  As mediese hulp meer as  30 minute ver is kan jy met eie diskressie besluit om die ledemaat reguit te maak.   Noodhulpklasse en opleiding word sterk aanbeveel om hierdie korrek toe te pas

 

Die Herstelposisie 

Afhangende van die situasie  is dit belangrik dat jy die beseerde so gou as moontlik in die herstelposisie plaas nadat jy hom “behandel” het.   Hierdie posisie sal help om te verhoed dat vloeistowwe in die beseerde se keel en neus afloop wat tot versmoring/verstikking kan lei.  As die motorfietsryer op sy eie asemhaal word hy met sy valhelm aan in hierdie posisie gedraai.  Die volgende inligting is slegs om jou ‘n idee te gee van hoe dit gedoen word.  Opleiding in noodhulp word sterk aanbeveel om die herstelposisie reg en veilig uit te voer.

Persoon 1: (as die persoon ‘n Leatte brace aanhet) Knip die Leatte Brace se knippe beide aan weerskante los en haal die voorste gedeelte af.

 

Persoon 2:                                                                                                                                                   Draai die persoon op sy sy deur die herstel posie toe te pas deur:                                                     * Kniel langs die persoon                                                                                                                           *  Neem die arm wat die naaste aan jou is, en sit dit in ‘n posisie asof die persoon “stop” met               daardie arm sal wou wys.                                                                                                           * Neem die arm wat die verste van jou af is en plaas die agterkant van hand teen die beseerde            se wang op die grond. (Amper asof hy nou lekker gaan slaap)                                                           * Met die beseerde se bene wat beide reguit op die grond lê, neem die knie wat die verste van jou      af is en bring dit op sodat dit ‘n 90 grade hoek/boog maak.                                                                 * Terwyl dit alles gedoen word moet iemand anders sorg dat die nek en ruggraat reguit bly. Sorg dat die persoon se kop beskerm word terwyl jy die beseerde saggies na jou kant toe rol. Dit   word gedoen deur die beseerde se knie te neem wat reeds opgelig is en dit in jou rigting na die       grond toe af te bring.                                                                                                                             *In die geval waar ‘n valhelm gedra word moet gesorg word dat die kop in sy neutrale posisie bly     deur dit met iets te ondersteun.

Verdere Noodhulp:

brandklereSomtyds is ‘n motorfietsryer onder sy motorfiets vasgepen.  Die warm enjin of uitlaatpyp kan dan ernstige brandwonde veroorsaak. Indien moontlik, verwyder die kledingstuk. As dit egter aan die wond vassit sny liefs net die materiaal rondom die wond af sonder om aan die materiaal te trek.  Spoel die wond met soveel water as moontlik af.

 

been voorwerpAs daar ‘n voorwerp in die persoon vassit, kyk of jy dit meer kan stabiliseer.  Moenie dit uithaal of daaraan trek nie. Dit mag meer skade en bloeding tot gevolg hê.

 

Wat Nog Verder Gedoen Kan Word

Neem elke 5 minute die persoon se pols met jou wys-en-middelvinger by sy gewrig of                        nekslagaar.  Tel die polsslae per minuut en skryf dit neer/ tik dit op jou selfoon.                             Neem die persoon se asemteue per minuut deur jou hand op die persoon se bors/diafragma te      plaas.  ‘n Man se  asemhaling sal jy meer by sy diafragma voel en ‘n vrou sin meer by haar bors.      Probeer dit doen sonder die medewete van die beseerde doen, anders kan hy dalk sy                        asemhaling probeer aanpas. Indien die persoon nie ‘n valhelm dra nie kan jy kyk of die neusfleuls    beweeg.   Dokumenteer die asemteu per minuut, asook of dit diep, vlak of roggeled is.

Probeer ook  volgende uitvind:
tickmark 4Naam van die persoon                                                                                                                       tickmark 4Ouderdom
tickmark 4Familielid en kontaknommer                                                                                                                 tickmark 4Allergië                                                                                                                                                   tickmark 4Kroniese medikasie                                                                                                                             tickmark 4Wanneer is daar laas geeët                                                                                                                   tickmark 4 Is alkohol gebruik                                                                                                                                 tickmark 4Het die persoon op sy sykant oor die pad gegly                                                                                 tickmark 4Is hy oor die stuurstang geslinger                                                                                                        tickmark 4 Het ‘n harde voorwerp sy kop getref                                                                                                   tickmark 4Mediese fonds.

Sodra Die Ambulans Opdaag:    

sodra ambulans opdaag

Sê Dankie

Paramedici werk onder uiterse stresvolle en gevaarlike omstandighede.  Hulle verdien om bedank te word! Gee erkenning aan hulle met ‘n kaartjie, ‘n brief in die plaaslike koerant of om hulle persoonlik te besoek met ‘n lekker koek.

 Ten Slotte:                                                                                                                                           *Geen vloeistof of kos moet aan die beseerde gegee word nie                                                               *50% van ongelukke is alkohol verwant.  Moenie dat jy of jou vriende drink en bestuur nie.                 *Verhoed dat jou hande met bloed in kontak kom.  Kry chirurgiese handskoene (latex) by die             apteek en sit dit op ‘n plek waar jy dit maklik sal kry.                                                                 *Onthou dat mediese personeel klere gaan sny om te kyk of daar bloeding is. Motorfietsklere kan     vervang word, lewens nie. Moenie teëstribbel as paramedici dit sny nie                                         Al voel en lyk iemand piekfyn na ‘n motorfietsongeluk, is dit uiters belangrik dat hy hospitaal toe      geneem sal word vir ‘n volledige ondersoek. Ongesiende interne bloeding sowel as spinale-en-        hoofbesering kan nog steeds die persoon se dood veroorsaak.

*Oorweeg om ‘n noodhulpkursus te doen.  Dis die moeite werd en een van die kosbaarste vaardighede wat jy kan aanleer.

Kyk gerus ook hierna!

 

10 thoughts on “Eerste Op ‘n Ongelukstoneel

  1. Bladsy lyk reg. Dis nuttige inligting. My grootste vrees is altyd dat ek voor ‘n motorfietsryers sal inry. So pas gehoor van ‘n kennis uit die tuisdorp se jong seun wie doodverongeluk het vanmore deurdat ‘n trok voor hom op sy motorfiets ingeswaai het.

    Like

  2. Dankie vir die loer Olga. U-daai ongelukke veroorsaak baie ongelukke waarin motorfietsryers sterf. So rukkie terug is daar 2 ouens in n kwessie van 2 week in Strand /Gordonslaai oorlede a.g. v. U-draaie. Selfone is ook n groot probleem. Maar, motorfietsryers het ook n verantwoordelikheid om wakker en ordentlik t
    e ry.

    Like

  3. AS ek ‘n voorstel kan maak. Sit die ABC’s in.

    ‘n Persoon wat beweegloos op ‘n ongelukstoneel is, se ABC’s moet altyd eerste gekyk word. Dus moet daar gekyk word of die persoon se lugweg oop is (A vir Airway), of die persoon asem haal (B vir breathe) en of die persoon se hart klop (circulation). Afhangende van wat ‘n mens kry, word daar op volgende stappe besluit.

    Like

Lewer kommentaar