Kop Dinge

Hoeveel Is Jou Kop Werd?

Dis iets waaraan mens nie altyd  dink sodra ‘n splinternuwe valhelm jou oog vang nie.  Sommige “oeeeehhhhh  oor windmaker ontwerpe terwyl ander op die uitkyk is vir valhelms met ‘n donker  kykgleuf.  Vir die waaghalse is daar  Motocross valhelms terwyl ander ryers  “flipup”  valhelms verkies.

Die slimkoppe sê dis beter om ‘n valhelm  met ‘n  SNELL of D.O.T plakkertjie te koop as een wat net ‘n SABS stempeltjie op het. Dalk is die spoor van MotoGP helde en  Dakar jaagduiwels die beste om te volg as jy ‘n valhelm wil koop wat dalk eendag jou lewe mag  red.

Sodra mens koppe bymekaar sit en  oor valhelms begin praat, is daar heelwat vrae wat opduik:

Hoe weet ek as ‘n valhelm reg pas?

Sal ‘n duur valhelm my ‘n leeftyd hou?

Moet ek my valhelm weggooi as ek hard daarmee geval het?

Hoekom raas my valhelm  so?

Terwyl ek solank meer van valhelms uitvind, kyk so bietjie na hierdie ongewone klompie wat ek op internet raakgeloop het.   (Natuurlik is jy welkom om saam te gesels)

Tot volgende keer, onthou om jou kopdop altyd vas te maak!

Sparkle

helmet collage 3

 

helmet collage 2

 

helmet collage 1

helmet collage 5

Advertisements

7 thoughts on “Kop Dinge

  1. Oeeee ek met my noutevrees en ‘n valhelm wat so oor jou gesig gaan. Tog, teen die spoed waarteen julle ry is dit sekerlik beter om ‘n toe gesig valhelm te hê. Lekker navorsing doen, en kom vertel weer vir ons!

    Like

    • Toors daar is heelwat valhelms op die mark om van te kies. Jy kry tot ‘n tipe wat jy kan oplig sonder om die bandtjie los te maak, dan lyk mens amper soos ‘n tipe robocop. Ek hou ook nie van ‘n valhelp met ‘n toe kykgleuf nie so ek dra ‘n “MX valhelm” Dis daai soort wat die ouens meestal dra wie veldfietse ry. In plaas daarvan dat mens deur n kykgleuf loer gebruik jy goggels wat wonderlike lug beteken ….maar as dit reen dan piets daai eindste druppeltjies jou neus en bolip baie seer! Met my volgende “Kop dinge” inskrywing wil ek graag vir julle vertel van al die verskillende valhelms wat op die mark is. Daar is regtig iets vir almal.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s