Foto Stories

Elke foto is mos maar ‘n storie van tyd wat vir ‘n breukdeel  vasgevang word.  Sommige roep herinneringe uit mens se geheutrommel na vore terwyl ander  eenvoudig net is lekker om na te kyk. Foto Stories gaan oor foto oomblikke wat ek langs die pad raakloop.  Lekker lees! 

Foto Storie 1

“Hallo, my naam is Peanut en ek is mal oor ribs!  Ek eet my knubbeldik daaraan totdat my pensie skeeftrek grond toe, as jy my sien lê kan jy my maar verder voer!”   Peanut Foto StoriePeanut Jack Russel, Rib Fynproewer  van Sederberg Oasis.