Skemerkelkie Vir Die Siel

wolke-2 blog

Het jy al gemerk hoe kortstondig ‘n asemrowende sonsondergang is?

Een oomblik is ons tydelike woning se dak ‘n skouspel van die allermooiste skemer skakerings en dan woeps …. is dit eensklaps weg!

Sommge dae kry ek hiervan ‘n blik in my motorfiets se truspeëltjie. Ander kere is ek gelukkig genoeg dit in al sy glorie te aanskou wanneer ek haastig met die hondtjies gaan stap.

‘n Paar weke terug het ek die kans gekry om kaalvoet in die Sederberge ‘n sonsondergang te bewonder. Terwyl die kleureprag in die donkerte verflou het ek dankbaar gedink aan die dinge wat waarlik saak maak.  Die aandster het skaam-skaam sy verskyning gemaak en saggies ‘n aandlied van hoop geneurie.

Dis dan wanneer mens jouself kan troos as jou drome so ver soos die maan lyk. Dan kan jy saggies vir jouself sê: “toemaar, môre probeer ek weer.”

19 thoughts on “Skemerkelkie Vir Die Siel

  1. Is self mal oor sonsondergange. Ek dink dis iets waarvoor mens maar die tyd voor kan laat stilstaan (sjoe, weet nie oor daardie grammatika nie…), want dit kan so vlietend en asemrowend wees!

    Liked by 1 person

    • Jy het ‘n punt beet, mens moet eintlik vir jou ‘n koppie koffie regkry en met jouself ‘n me-time afspraak maak net voor sonsondergang. Dan kan mens darm stilstaan en so bietjie perspektief oor die lewe weer kry.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar