Wit en Swart Gedagtes – In die begin …

het ek ‘n Yamaha TW 200 gehad. Nadat ek geleer het om hierdie dikwielmotorfiets te ry het my lewe verander. Selfs om op ‘n sandpad neer te slaan was pret. Ek het avontuur ontdek soos nog nooit van tevore. Daar’s ‘n gevoel van vryheid terwyl jy oor ‘n pad sweef, jy verwonder jou aan nuwe plekke en vreemde mense. Jy kry ‘n ander perspektief. Waardeer meer, kritiseer minder. Raak dankbaar vir wat jy het. Jy word meer mens.

wit en swart tw mix

We live in a wonderful world that is full of beauty, charm and adventure. There is no end to the adventures we can have, if only we seek them with our eyes open.” – Jawaharial Nehru

 

(Hierdie is “Dag 1”  van  Spokie se 5 Dae Uitdaging:

 “The two rules of this challenge are easy to follow:
1) Post a black & white photo daily for 5 days.
2) Invite someone different to participate each day.”

Ek gaan egter niemand nomineer nie, almal wie ek in gedagte het is alreeds gevra. 🙂  Geniet die week wat voorlê! )

6 thoughts on “Wit en Swart Gedagtes – In die begin …

    • Geen ernstige besering nie dankie Xena. Dit was maar net ‘n geval van skrik en die voorrem baie hard trek terwyl mens die stuurstang pluk. Dan kaplaks, le jy op die grond. Gewoonlik het ek dan vreeslik baie vir myself gelag. Dink dis maar die sagte sandlandings wat daarvoor gesorg het. Gelukkig is ons goed gepanser met ons beskermde ryklere wat ons juis dra sodat ons nie seer moet val nie.

      Like

Lewer kommentaar