Prins Albert Spoke

 

spook 1 oud

Ek rek my nek soos ‘n meerkatjie op valkpatrollie terwyl ek die motor wat parkeer dophou. “Nismark! Iemand is oppad!” Die skaduwee van ‘n gemantelde gedaante sweef oor die pad in ons rigting terwyl vroegnag die laaste skemerspatsels opslurp.  Skaamteloos gaap ek die middeleeuse vreemdeling aan terwyl beelde van ‘n reeksmoodenaar in my agterkop nesmaak.      

Die swart geklede wese stap geruisloos tot voor my.  Ons oë ontmoed.  Myne vol afwagtig.  Hare met ‘n titseltjie ondeundheid. “Hallo. Are you Ailsa,our ghost-tourguide?” kom dit nuuskierig van my. “Good Evening. You must be Nadia and Nismark. Did you visit the museum today?”  En so skop ons aand van spookstories af.    spooloud e

Min wetende dat ‘n gesorwe bruid ons dalk mag dophou, vertel Ailsa van die museum se permanente inwoner.   Dit is ‘n jong dame met ‘n voorliefde  om besoekers se hare te streel.  Mense sien haar gewoonlik in die museum se eerste linkerkantste vertrek.  Ailsa reken dat hierdie juffie moontlik ‘n inwonende niggie van die Haaks familie was.  Hulle is die oorspronklike huiseienaars van die gebou wat vandag as die museum dien.  Kort voor die niggie se troue is haar toekomsplanne egter tragies kortgeknip nadat sy in ‘n koets (wa) ongeluk sterf.  

As jy eendag die kans kry om Prins Albert se museum te besoek en die eerste vertrek op linkerkant binnestap moenie skrik as iemand jou hare streel nie.  Sy maak maar net seker  elke haartjie is op sy plek!    

Behalwe vir die “haarstilleerder” wie besoekers in die museum verwelkom is daar moontlik nog gedaantes wat hier rondsluip.  Terwyl die “museumgebou” tussen 1952 en 1978 Prins Albert se hospitaal was, het verpleegsters  gereeld gehoor hoe iemand die venster in die medisynekamer  oop-en-toe skuif.    Wie die “poetsbakker” kon wees, het groot kopkrap veroorsaak want hierdie vertrek was permanent gesluit!   

Terwyl ons voetslaan deur Prins Albert se strate hoor ons stories van ‘n onsigbare naaimasjien  wat in ‘n leë vertrek lawaai, ‘n Britse soldaat wie Bankstraat om middernag op volmaannagte  patroleer en die geklank van perdehoewe wat misteries by die straat  afgallop.   Daar’s staaltjies soos die een van ‘n bejaarde oom wie liefies vir gastehuisgaste glimlag met die hoop dat hulle sal stilbly en van die moeilike tannie wie mense met bierbottels gooi!   Dan is daar die dogtertjie in ‘n lang nagkabaai  wie in die ou huis van Dokter DH Mears  in die solderkamer op ‘n  bons.  Niemand het ‘n idée wie sy en waarom sy dit doen nie.  spook 10 oud

In een van Swartberg Hotel se kamers geniet spookdobbelaars somtyds hul poker spel so, dat hotelgaste al gewonder het of daar ‘n partytjie in die kamer gehou word!  ‘n Bonatuurlike ligverskynsel wat aangetrokke is tot yster en metaalvoorwerpe het tussen die 1940’s en 60’s motorbestuurders se paaie gekruis.  “Die Oog” soos dit bekend staan, sou as ‘n gloeiende lig naby ‘n motor of ‘n plaashek verskyn en dan al hoe helderder begin gloei totdat dit verblindend was. En dan, poef!… sou dit haastig in die niet verdwyn!

spook 18 oud

Die spook wie ek die graagste sou wou ontmoed is Oom Charlie van Mark straat.   Nadat nuwe intrekkers ‘n boekrak op “sy” veranda gesit het, het hy van die boeke op die grond begin gooi. Toe hulle vir Charlie mooi vra om  sy boekmoere te laat staan het hy stilswyend ingestem.  Kort daarna het Charlie sy eie stoepstoel gekry.  Daar is stories dat Charlie al op twee geleenthede die huis se voordeur gesluit het as sy huismense uit was.  Dan moes hulle noodgedwonge die slotmaker laat kom om hulle uit die penarie te help. 

charlie oud

Ailsa-hulle het self ‘n kuiergas wie af-en-toe by hulle kom inloer.  Dis ‘n grys katjie wie sy verskeining in hul huis maak sonder om die katdeur te gebruik. Eendag het haar man  die katjie ingedagte misgis vir een van hul eie katte en besef dis ‘n geesie toe hy deur die kat in die lug vat.  Die regte huis katte is glo min gepla oor hierdie viervoet besoertjie, al wil dit voorkom asof hulle sy teenwoordigheid kan aanvoel.   

Al is Ailsa se stories lig en vermaaklik gee die storie van die Britse koekeloerder my nou nog koue rillings!  ‘n Kurator van die museum het een aand op ‘n plaas buite Prins Albert lekker gesit en boeklees in die plaashuis toe hy ‘n paar oë op hom voel.  Met die opkykslag sien hy dat ‘n man, aangetrek soos ‘n Britse offisier uit die Anglo Boereoorlog, van buite af deur die venster na hom staar!  As ek ooit op daardie plaas moet kuier sal ek verseker die gordyne toe hou!    

Die uur en ‘n half saam met Ailsa vlieg vinnig.  Al het ons as vreemdelinge  ontmoet, voel sy teen die einde van die aand soos familie.    

Na die spooktoer word ek in die middernagtelike ure wakker.  Ek wonder of ek die moed het om straat-af te hol en te gaan kyk of die Britse soldaat sy rondtes in Bankstraat doen.  Sou Charlie dalk nou op sy stoep sit en sterre kyk?  Te bang om te roer wurm ek my dieper onder die doewei in en dink aan die “Golden Hour” wat voorlê. Dalk kry ek ‘n bietjie slaap in voor dit … 

Dankie dat jy hier kom inloer het!  Volgende keer is dit tyd vir Prins Albert se “Golden Hour”.

spook 16 oud

*As jy ooit Prins Albert gaan besoek maak seker dat jy ‘n spooktoer bespreek by Ailsa Tudhope.  Die manier waarop sy dit aanbied is lig, ermaaklik en selfs kinders sal dit geniet.  Kontak haar by 023 5411 211 of epos haar by story@storyweaver.co.za  Dis iets wat jy te minste een maal in jou lewe moet ervaar! 

spookoud c spookoud b spookoud a spook 7 oud

charlie oud spook 14 oud spook 18 oud      spook 3 oud